Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Wie sal in die kunsfliek-weergawe van Opdrag van oorkant deur Alta Cloete speel? (Kompetisie)

Opdrag van oorkant

 
In haar resensie van Opdrag van oorkant was Helen Schöer vol lof vir Alta Cloete se jongste boek:

Die hoofkarakter, Theresa Beyers, is ’n beduiwelde vrou van in die 70, en die enigste mens wat haar op haar plek kan sit, is haar bruin huishoudster, Anna Philander, wat nog vyf jaar ouer is.

Hulle is twee van die lekkerste vrouekarakters wat ek in ’n lang tyd raakgelees het, en daar is niks neerbuigends in hoe hulle geskep en hanteer word nie.

Dié boek sal ’n wonderlike Afrikaanse kunsfliek maak. As ek Katinka Heyns se adres gehad het, sou ek my eksemplaar skelmpies vir haar pos met ’n voorstel om Elize Cawood in die hoofrol te sit. Elize moet net ­ouer word.

Wat Schöer se aanmerking oor ‘n Afrikaanse kunsfliek betref is ons geneig om saam te stem, en daarom het ons besluit om ‘n kompetisie te loods om hierdie gedagte te bevorder.

Om in aanmerking te kom vir ‘n heerlike LAPA-boekpak, beantwoord hierdie vraag:

Gestel ‘n kunsfliek word gemaak van Cloete se nuwe roman, hoe sou die rolverdeling lyk?

Indien jy ‘n verfrisser nodig het, lees hier ‘n opsomming van Opdrag van oorkant:

Sodra jy jou troep akteurs reg het, vul dié vorm in voor 30 November 2015. Bepalings en voorwaardes geld.

Waarvoor wag jy? Skryf in!
 

 

 

Bepalings en voorwaardes

1. Die kompetisie sluit om middernag op Maandag, 30 November 2015. 2. Die wenner sal per e-pos verwittig word. 3. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen kommunikasie daaroor sal gevoer word nie. 4. Die prys is nie oordraagbaar nie en mag nie in kontant omskep word nie. 5. Voorsien asseblief geldige kontakbesonderhede. 6. Die kompetisie word gehou deur Books LIVE as ‘n diens aan sy lesers. 7. Personeellede van die Times Media-groep sowel as hulle advertensie-agentskappe en onmiddellike familielede mag nie inskryf nie. 8. Deelnemers en wenners van hierdie kompetisie vrywaar Books LIVE van enige aanspreeklikheid, skade of verlies wat mag spruit uit deelname en / of wen van pryse. 9. Deur in te skryf vir hierdie kompetisie stem jy toe om verdere kommunikasie en direkte bemarking van Books LIVE te ontvang. 10. Mense woonagtig buite Suid-Afrika mag inskryf, maar die prys kan slegs binne die grense van Suid-Afrika afgelewer word.

 

* * * * * * *

 

“Dis ’n besonder knap roman wat my telkens, meer as een keer, op die verkeerde voet gevang het.”

Só skryf Izak de Vries in ‘n resensie van Cloete se jongste roman. Dit vertel die verhaal van vier vrouens wat bymekaar gegooi word by die afsterwe van Afrikaanse skrywer Coenraad Beyers. Dié pakkende storie slaan lesers kaalvuis in die strot en streel dan self oor die gewonde deel.

Cloete het verlede maand op die laaste Donderdag in Oktober aan die US Woordfees se nuwe boekklubgesprekke deelgeneem waar sy in gesprek met Madri Victor meer gedeel het oor Opdrag van oorkant. De Vries was daar en het foto’s en ‘n verslag op LitNet gedeel.

Lees die artikel en loer na die pragfoto’s:

Op Donderdag 29 Oktober het die tweede aanbieding van die US Woordfees se Boekklub plaasgevind.

Madri Victor is die gespreksleier.

Die US Woordfees se boekklub het dit ten doel om regdeur die jaar boeke na lesers te bring, en vir lesers om voorstelle te maak aan die bestuur van die fees.

Lees De Vries se resensie van Opdrag van oorkant:

Die plot: Ek beloof hier volg nie spoilers nie – wat ek hier noem sal jy in die eerste tien bladsye raakloop, en daarna raak die boek éérs interessant.

Coenraad Beyers sterf kort na hy ’n plofbare outobiografie geskryf het. En hoe. Deur die loop van die verhaal leer ons Coenraad se lewe ken, en dis baie ná aan ’n plotlyn wat André P. Brink sou kon uitdink.

Om die waarheid te sê, ek twyfel vir geen oomblik dat Coenraad Beyers losweg op Brink geskoei is nie.

Goed. Beyers sterf en rig ’n bisar versoek aan die vier vroue in sy lewe. Hulle moet instem om die boek saam-saam te bemark, anders verskyn dit nie. Die wortel is dat die boek goed sal geld maak.

Aanvanklik wil die vroue nie, maar dan gebeur ’n paar goed wat hulle tog laat saamspan.

Lees self.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment