Brei saam met Vrouekeur: Ses nuwe boeke in Christa Swanepoel se topverkoper-reeks
Ses nuwe boeke in Christa Swanepoel se Brei saam met Vrouekeur-reeks is nou beskikbaar op LAPA se rakke:
Sedert Februarie 2013 het Christa Swanepoel se boeke 116 keer die Nielsen Topverkoperlys gehaal, dit is ’n gemiddeld van meer as twee boeke per week. Brei saam met Vrouekeur bied vir die breientoesias ’n reeks boeke met splinternuwe, mooi en praktiese patrone in elk. Die groot verskeidenheid interessante patroonsteke en die wenke gee jou boonop die geleentheid om nog meer artikels te brei, beslis ’n breibonanza vir die ywerige breier!
Nuut in die reeks: Brei saam met Vrouekeur 15: Meisietruie; Brei saam met Vrouekeur 16: Seunstruie; Brei saam met Vrouekeur 17: Vrouetruie; Brei saam met Vrouekeur 18: Vir die huis; Brei saam met Vrouekeur 19: Kinderkamer en Brei saam met Vrouekeur 20: Komberse.
Oor die outeur
Christa Swanepoel is Vrouekeur se hoof-subredakteur en gesondheidskrywer, ma van vier volwasse kinders en twee kleinkinders en woon in Pretoria. Met soveel ysters in die vuur span sy met hierdie boeke haar stokperdjie in, wat sy vir ontspanning beoefen, om ander te begeester om ook die breipenne op te neem en kreatief te raak.
Boekbesonderhede
- Brei saam met Vrouekeur 15: Meisietruie deur Christa Swanepoel
Boek se tuisblad
EAN: 9780799374308
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Brei saam met Vrouekeur 16: Seunstruie deur Christa Swanepoel
EAN: 9780799374551
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Brei saam met Vrouekeur 17: Vrouetruie deur Christa Swanepoel
EAN: 9780799374568
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Brei saam met Vrouekeur 18: Vir die huis deur Christa Swanepoel
EAN: 9780799374544
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Brei saam met Vrouekeur 19: Kinderkamer deur Christa Swanepoel
EAN: 9780799374537
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Brei saam met Vrouekeur 20: Komberse deur Christa Swanepoel
EAN: 9780799374520
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment