“Ek het nog baie stories in my kop” – Irma Joubert gesels oor Immer wes
“Die titel dui op Hildegard wat telkens in ’n westelike rigting vlug, van Rusland na Oos-Pruise, na Berlyn en uiteindelik na die destydse Suidwes.”
Só het Irma Joubert die titel van haar jongste historiese roman, Immer wes, aan Elretha Britz beskryf. Hulle het gesels oor die verhaallyn, die volgende twee boeke in die oorlogtrilogie en die navorsing vir hierdie roman, “haar moeilikste boek nóg”.
“Ek het nog baie stories in my kop. Eers as dit opdroog en ek nie meer kan regop sit om te skryf nie, sal ek ophou,” het Joubert aan Britz vertel.
Lees die artikel:
Irma Joubert se nuutste boek, die eerste van ’n oorlogtrilogie, is nog nie eens in Suid-Afrika op die rakke nie maar die vertalings in Nederlands en Duits reeds afgehandel. Só suksesvol is dié Bloemfonteinse skrywer in die buiteland.
Immer Wes, wat volgende week in Afrikaans beskikbaar sal wees, behoort tuis ook opslae te maak. Dit speel gedeeltelik in Suidwes (Namibië) af waar Joubert intensiewe navorsing oor die naoorlogse omstandighede en omgewing gedoen het waar die hoofkarakter, Hildegard, haar bevind.
Joubert se voorlaaste boek heet Tolbos en vertel die besonderse verhaal van Katrien Neethling wat by opstande teen apartheid betrokke raak en Wladek Kowalski, ‘n Pool wat deel word van die betoging teen kommunisme – twee groot bewegings uit die tagtigerjare.
Lees Pawel Zajas se Nederlandse resensie van hierdie boeiende roman:
Tolbos is, na Tussen stasies, de tweede roman
van Irma Joubert, waarin de twintigste-eeuwse
Poolse en Zuid-Afrikaanse geschiedenislijnen
naast en door elkaar werden geschetst.
Deze historische parallellen zijn geenszins
opgedwongen. Politieke lotgevallen in beide
landen leken vooral in de tweede helft van de
twintigste eeuw verbluffend op elkaar
Boekbesonderhede
- Immer wes deur Irma Joubert
EAN: 9780799376968
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Tolbos deur Irma Joubert
EAN: 9780799364033
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment