Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

“Ek probeer om agter die kap van die byl te kom”: Carla van der Spuy oor Bloed op haar hande (Potgooi)

Bloed op haar handeBlood on Her HandsHoekom sal die vrou, die moederfiguur, iemand só wreed vermoor? Wat het in haar lewe gebeur wat haar tot moord gedryf het?

Hierdie is vrae wat Carla van der Spuy probeer beantwoord in haar jongste boek, Bloed op haar hande: Vroue agter tralies, wat vanjaar by LAPA verskyn het en ook in Engels beskikbaar is as Blood on Her Hands: Women Behind Bars.

Die skrywer het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor die vroue waarop haar boek fokus – mesmoordenaars, vroue wat van huurmoordenaars gebruik gemaak het, ‘n prostituut, ‘n kleptomaan en mense wat selle deel met moordenaars.

Jansen wou weet hoekom die skrywer so belang stel in die psige van die moordenaar. “Dis eienaardig, ek kan dit nie verklaar nie, maar as jy eers begin met misdaad en die psige van ‘n misdadiger kan jy nie ophou nie,” het Van der Spuy gesê en bygevoeg dat sy heeltemal “ge-hook” is op televisie-misdaadreekse.

Van der Spuy sê dat die boosdoeners gewone mense is, maar wat haar fassineer is dat daar iewers iets skeef geloop het. “Ek probeer om agter die kap van die byl te kom,” sê sy. Die vroue in haar boek kom omtrent almal van ‘n disfunksionele agtergrond af – hulle is gemolesteer, aangerand of omring deur bendes. Ten spyte daarvan is sy positief: “Ek het ook hoop vir die vroue.”

Pretoria FM het twee gesprekke met Van der Spuy gevoer oor haar boek, wat sy daarmee probeer bereik het, en hoekom sy besluit het om op hierdie spesifieke vroue te fokus.

Die skrywer vertel dat sy eendag vir die kriminoloog Irma Labuschagne gevra het of daar wel ‘n mens agter die misdadiger is, en haar antwoord was, “O ja”. Een groot les wat sy by Labuschagne geleer het, is: “As jy met hulle werk, kan jy nie sê ‘jy’s ‘n monster, sit baie ver van my af, maar vertel my alles omtrent jouself’ nie.”

Luister na die potgooie:

 

Romanzalesersblog het met Van der Spuy gesels oor haar boek en al die interessanthede wat sy tydens haar navorsing ontdek het, onder meer dat die vroue agter tralies steeds daarvan hou om romanses te lees. “Ek het vir hulle liefdesverhale deur Chanette Paul, Sophia Kapp en Romanzas geneem. Hulle was in ekstase daaroor,” vertel sy.

Lees die artikel:

Carla het tydens die bekendstelling, Breakfast behind bars, vir haar boek Man of monster – die psige vir van ‘n misdadiger betrokke geraak by die Reading for redemption-projek wat op Losperfontein, Pollsmoor en die Obiqua-gevangenisse gehou is.

Die Reading for Redemption-projek is ’n inisiatief van die voormalige minister van korrektiewe dienste meneer Sbusiso Ndebele, self ’n ywerige leser, as deel van die rehabilitasieprogram vir gevangenes.

“Ons moedig gevangenes aan om te lees en om te studeer. Sodoende word ’n omgewing geskep wat tot gevangenes se verbetering bydra,” sê hy.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment