Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

’n Individu teen die samelewing: Peet Venter gesels oor Lem en deel sy skrywersraad (potgooi en video)

Peet Venter is een van Suid-Afrika se voorste spanningsverhaalskrywers. In sy jongste roman, Lem, het Venter vir eers afskeid geneem van sy getroue hoofkarakter, Thys Krige. Sy nuwe protagonis, Lemmer Bosman, is hardegat, bots met gesag en probeer sy bes om lojaal te wees in ’n industrie waar mense hulle siele verkoop vir geld.

LemPlasentaWaar boosheid broeiOu bloedDieper as die bloed

 
Venter het by Esté Meyer Jansen in Maroela Media se ateljee gekuier en meer vertel oor hierdie splinternuwe roman. “Lem is ‘n gewese straatkind,” vertel Venter oor sy nuwe karakter wat weens omstandighede buite sy beheer in die tronk beland.

“Sy prostituut-dwelmverslaafde-ma is dood en toe het hy in Krugersdorp op die strate beland toe hy so ses jaar oud was. Daar is hy opgetel deur Fleur Bloem wat ook ‘n straatkind was.”

Venter vertel dat Lem ‘n meer eenvoudige karakter as Thys Krige is. Lem is ‘n doodgewone beroepsoldaat “wat in ‘n ding beland”, terwyl Thys as ‘n “gotiese antiheld” beskryf kan word, sê hy.

Luister na die potgooi:

 
In ‘n onderhoud met Romanzalesersblog sê Venter: “In Lem gaan dit oor die individu teen die samelewing.” Hy vertel dat dit vir hom moeilik was om sy drie vrouekarakters – Fleur Bloem, Irma Storm en Christine Watts – te skryf, en deel ook sy raad aan aspirantskrywers.

Sal Lem ook deel word van ‘n reeks? Lees die artikel om uit te vind:

Wat is die beste raad wat jy kan gee aan ’n voornemende spanningsverhaalskrywer?

Baie verbeelding. Vinnige pas. Min woorde. Laat jou karakters die storie vertel. Moet nooit jou lesers se intelligensie beledig nie.

Venter is al vanaf 1979 ‘n skrywer en sy vriendskap met Thys Krige kom ook al ‘n lang pad aan. Lees die artikel op Romanzalesersblog om die skrywer en sy boeke beter te leer ken:

Sommige herinneringe by jou altyd by. So sal die “Kyk dieper as die bloed”-raad deur ’n onbekende man op ’n fiets Thys Krige se aansporing in die lewe word. Dít en die moord op sy pa laat hom by die polisie aansluit. Maar vyftien jaar later, het hy steeds nie sy pa se moordenaar opgespoor nie.

Netwerk24 se boekeredakteur, Jo Prins, het by die 2015 Suid-Afrikaanse Boekebeurs met Venter gesels oor misdaadfiksie.

Venter sê dat misdaadboeke nie meer nét oor spanning gaan nie, maar dieper boodskappe het en sosiale kommentaar lewer. Hy sê dit is moeilik om nie kommentaar te lewer oor die wêreld om jou nie, “jy kan nie sommer net stilbly nie”.

Venter sê dat dit belangrik is om ‘n goeie waarnemer te wees en gee meer raad aan voornemende skrywers: “Spaar die woorde, asseblief spaar die woorde.”

Kyk na die video:

YouTube Preview Image

 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment