Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Video en potgooi: Alta Cloete gesels oor haar skryfloopbaan en nuwe boek, Opdrag van oorkant

Alta Cloete se jongste roman, Opdrag van oorkant, het onlangs by LAPA verskyn en vertel die verhaal van vier vrouens wat bymekaar gegooi word by die afsterwe van Afrikaanse skrywer Coenraad Beyers. In haar nuwe boek ondersoek Cloete die onregverdige mag wat ’n geliefde uit die dood oor die agtergeblewenes kan hê.

Opdrag van oorkantSeisoen van lig en donkerSeisoen van vervullingSeisoen van vergifnisSeisoen van genade

 
Esté Meyer Jansen van Maroela Media het met die skrywer gesels oor haar Opdrag van oorkant.

In die potgooi gesels Cloete oor die vier vrouens van verskillende rasse, generasies en agtergronde wat vanweë hul liefde vir die skrywer na sy dood onwillig byeen gebring word.

Jansen vra wat Cloete dink van Izak de Vries se opinie dat Opdrag van oorkant nie ‘n gewone liefdesverhaal is nie. Die skrywer sê daar is “baie liefde in sy verskillende vorms” in die boek teenwoordig, byvoorbeeld die liefde tussen ‘n ouer en kind en ook onwaarskynlike liefde tussen mense wat eens nie vriende wou wees nie.

Lees De Vries se artikel oor Opdrag van oorkant en luister na die potgooi:

Ten eerste is dit nie ’n liefdesverhaal nie. Wees gewaarsku. Hier is heelwat liefdesintriges in, maar as jy ’n boek soek oor daardie beeldskone man wat ’n reikhalsende vrou van haar voete afswiep in ’n stomende kus, hou verby.

 
Romanzalesersblog het met Cloete gesels oor die inspirasie vir haar nuwe verhaal, die beste raad oor skryf wat sy al ooit ontvang het en waarmee sy haar tans besig hou:

Wat was die inspirasie vir Opdrag van oorkant?

ʼn Internetberig oor iemand wat versoek het die vyf vroue met wie hy getroud was (nie almal tegelyk nie!) moet saam sy as iewers op ʼn spesiale plek strooi. Ek het onmiddellik gedink oor al die emosies wat in so ʼn groep sou heers. En ek het hulle dadelik in wit klere gesien.

Cloete het ook 18 lesse gedeel wat sy langs die skrywerspad geleer het, onder meer om jouself te ken en in jouself te glo. Haar raad vir aspirantskrywers by vanjaar se ATKV-Lenteskool was om elke geleentheid te benut en te leer hoe om kritiek en die vrees vir mislukking te hanteer.

Lees die artikel vir nog wenke:

4. Hou aan met skryf

5. Benut jou tyd optimaal

6. Stel realistiese doelwitte

7. Pasop vir negatiewe binne-gesprekke

8. Aanvaar die beperkinge en uitdagings van jou genre

Gerard Scholz het vroeër vanjaar by die skrywer gekuier om meer uit te vind oor die vele boeke wat al uit haar pen verskyn het, onder meer die Seisoen-reeks waarmee sy groot bewondering verwerf het.

Cloete vertel hoe sy 30 jaar terug ‘n klein tikmasjien gekoop het, “wat daardie tyd ‘n wonderwerk was”, waarop sy ‘n kortverhaal geskryf het wat die hele skryfpad vir haar oopgesluit het.

Die skrywer gesels verder oor die liefdesverhaalgenre, haar Facebook-gemeenskap Kom ons lees weer Afrikaans! en die vreugde wat sy daaruit put om stories op haar blog te skryf.

Kyk na die video:

YouTube Preview Image

 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment