Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Haal die vrees uit die voorbereiding van vis met Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek

Die Suid-Afrikaanse Vis- en SeekoskookboekSouth African Fish and Seafood CookbookDie Suid-Afrikaanse Vis- en Seekoskookboek, en The South African Fish and Seafood Cookbook in Engels, deur Susina Jooste en Henk Stander verskyn eersdaags op LAPA se rakke:

In die VSA word 80% van alle vis in restaurante geëet. Mense is bang om vis self voor te berei. In Suid-Afrika het ons nie sulke duidelike statistiek nie, maar die tendens blyk soortgelyk te wees in die meeste gemeenskappe.

LAPA is dus trots om ’n boek te bied wat sal help om die vrees uit die voorbereiding van vis te haal.
Ons het twee kenners, Susina Jooste, die direkteur van The Private Hotel School in Stellenbosch, en Henk Stander, ’n baie ywerige visserman en die algemene bestuurder van die akwakultuureenheid aan die Universiteit Stellenbosch, laat saamwerk met ’n span redakteurs om ’n eenvoudige, maar deeglike, gids te skep wat die leser stap-vir-stap lei deur die voorbereiding van vis en seekos.

Hierdie boek bied iets vir elke Suid-Afrikaner, of jy nou in die Kaap of in Limpopo woon. Daar is waardevolle riglyne oor die koop van vis en seekos, maar ook hoe om dit vars te hou, of te vries, voor dit gaargemaak word.

Daar is selfs stap-vir-stap instruksies en foto’s wat verduidelik hoe om ’n vis self skoon te maak en dit dan in fillette of steaks te sny. Ons wys jou ook hoe om sonder vrees ’n aftreksel van vis te maak – en selfs hoe om vis te rook.

Die resepte is verdeel in twee hoofafdelings: Varswatervis en Seevis en Seekos. Daar is heerlike resepte soos geroosterde forel met ’n mango- en papajasalsa, of hoe klink forelpatee? Ons wys jou ook hoe om ’n heel kabeljou in ’n uiekors op die kole te braai en moenie vergeet van die krap- en klapperkerrie nie! Al hierdie resepte is boonop maklik om te maak.

Neem die vrees uit akwakultuur

Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek bied selfs inligting oor die ontwikkeling van akwakultuur in Suid-Afrika. Eens is gedink die see is ‘n groot, onuitputlike hulpbron, maar die oseane gaan gebuk onder ’n beduidende verlies van noodsaaklike biodiversiteit. Akwakultuur bied ’n alternatief tot die vangs van vryswemmende vis.

Ter opsomming

Hierdie boek is daarop gemik om die vrees uit die koop, die voorbereiding, die kook en die eet van die vis te haal. Sodra die leser dan verstaan hoe lekker en maklik vis is, sal hy of sy miskien selfs begin vis teel! Die boek verskyn ook in Engels as South African Fish and Seafood Cookbook.

Oor die skrywers

Susina Jooste, die direkteur van The Private Hotel School in Stellenbosch, se loopbaan strek oor dertig jaar. Sy het ’n B Huishoudkunde (Ed) van Stellenbosh, ’n BEd (Honneurs) van Potch en ’n Meestersgraad van Stellenbosch, maar sy het ook gestudeer aan The Culinary Institute of America in New York, Le Cordon Bleu in Parys en die City and Guilds of London.

Henk Stander is die Bestuurder van die Akwakultuureenheid by die Universiteit Stellenbosch se Departement Veekundige Wetenskappe. Hy is al vir meer as 20 jaar betrokke by die ontwikkeling van Suid-Afrikaanse akwakultuur en is ’n toegewyde visserman met ’n passie vir die beskerming van Suid-Afrika se riviere en kuslyne.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment