Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Driekuns! Chanette Paul ontvang Lekkerlitprys vir Ewebeeld in Kaapstad

Chanette Paul

 
Tydens LAPA Uitgewers se mediafunksie, wat vandag in Kaapstad plaasgevind het, is die 2014-Lekkerlitprys amptelik aan Chanette Paul oorhandig.

Dit is die derde keer in ’n ry dat Paul wegstap met hierdie prys.

Die Lekkerlitprys word deur lesers, nie akademici nie, uitgeloof en is toegeken deur die publiek wat aanlyn gestem het vir hulle gunstelingboek. Elke leser kon slegs een keer stem.

 
EwebeeldPaul se jongste roman, Ewebeeld, is aangewys as die wenner van die 2014-kompetisie ná al die lesers se stemme getel is.

In 2012 het Maanschijnbaai: Jo & Sue, die eerste van haar Maanschijnbaai-tweeluik, met die louere weggestap en in 2013 is Siende Blind as die wenner aangewys.

Met haar oorwinning het Paul R10 000 verdien.

Daar was ook ’n lesersprys van R10 000 gekoppel aan hierdie kompetisie. Die 2014-wenner van hierdie lekker tjek was Maria Nel. Dié geld is reeds vroeër vanjaar in haar rekening oorbetaal.

Oor die belang van die Lekkerlit-kompetisie sê Hendri Warricker, bemarkingshoof by LAPA-uitgewers, die volgende:

LAPA maak boeke vir die lesers. Ons fokus op ontspanning en die genot van lees. Hierdie projek was daarop gemik om ons lesers te betrek, want dit is vir LAPA baie belangrik om terugvoer te kry, juis om seker te maak dat ons publikasieprogram lesergedrewe is.

Met die ontvangs van haar derde Lekkerlitprys het Paul gesê:

Ek wil net vir LAPA, en dan nou by verstek natuurlik die ATKV, baie, baie dankie sê dat hulle hierdie prys vir lesers ingestel het.

Ek skryf nou al vir 20 jaar, maar voor dit was ek ‘n leser. En ek sou baie graag wou deelgeneem het aan hierdie soort kompetisie sodat ek kon sê, “Hierso. Dís die soort boek waarvan ék hou.”.

Vir my om hiérdie prys te wen is regtig baie uitsonderlik, en om dit drie keer te wen is … besonders. Nou hoop ek ek begin nou besef dat die eerste twee was darem nie vloekskote gewees nie.

Dit is vir my baie, baie lekker om hierdie prys te wen en ek glo dat – ons sit hier met mense wat almal lesers is ook – vir my is die leser die heel belangrikste mens in my lewe. Hulle is my baas, en ek is ‘n baie dankbare klaas. Hulle lojaliteit is vir my ongelooflik belangrik en ‘n vertroosting as ek so sit en sukkel om te skryf.

Weereens, baie dankie aan LAPA en die ATKV.

* * * * * * *

 

Facebook galery

LAPA het op 2 Julie die wenner van die Kuier-kortverhaalkompetisie aangekondig en ook Chanette Paul se Lekkerlitprys aan…

Posted by Lapa Uitgewers on Thursday, 2 July 2015

 
Helené Prinsloo (@helenayp) het regstreeks vanaf die aankondiging getwiet:


 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment