Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

“Kry hare op jou tande” – Jaco Jacobs gesels oor sy vuurdoop en gee raad aan aspirantskrywers

“Verhaal haal nie die paal.”

Só het een van vele afkeurbriewe aan Jaco Jacobs gelui voordat hy uiteindelik ‘n bekroonde kinder- en jeugboekskrywer geword het.

Hoezit 3: Die wonderwêreld van reptiele en amfibieëProfessor Fungus en die jelliemonsters van MarsProfessor Fungus en die Breindrein-eksperimentSuzie se superdoeper-sjampoeMy ouma is ’n film-sterZackie Mostert en die baie beroemde hond

 
Jacobs het onlangs met Ruan Bruwer gesels oor die kronkelpad wat hy moes loop voordat hy ‘n volwaardige skrywer geword het. Hy vertel hoe hy op hoërskool kortverhale geskryf het en aan tydskrifte gestuur het, en hoe hy keer op keer teleurstellings beleef het.

Die skrywer het egter nie tou opgegooi nie, en in sy matriekjaar wen hy die ATKV-skryfkompetisie en kry hy die geleentheid om die jaarlikse herfsskool by te woon onder die leiding van François Bloemhof. Hier het hy vele lesse geleer wat hy vandag aan aspirantskrywers kan oordra.

Lees die artikel vir Jacobs se skryfwenke:

“Doen marknavorsing oor die waarvoor jy graag wil skryf. Gaan lees hulle. Daar is gewoonlik ’n patroon. Kontak die verhaleredakteur en vind uit wat die vereistes is.

“Wat jou storie betref, toets altyd of daar ’n sterk storielyn is – en kry hare op jou tande,” is sy raad.

Dié gewilde rubriekskrywer se wenke vir voornemende rubriekskrywers is om die mark dop te hou. “Tydskrifte en koerante bied soms aan lede van die publiek die geleentheid om rubriekbydraes voor te lê. Of begin jou eie blog wat jou dissipline leer en ook om op ’n sekere teikenmark te fokus,” het hy opgemerk

 
Lees ook:

 
Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment