Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Kom leer skryf by Fanie Viljoen, Christien Neser en Hans du Plessis by die ATKV-Kinderboekskryfskool

 
Die ATKV nooi jou graag om meer te kom leer oor die skryf van kinder- en jeugverhale!

Die jaarlikse ATKV-Kinderboekskryfskool vind vanjaar plaas by Glenburn Lodge in Muldersdrift vanaf Woensdag, 8 Julie tot Vrydag, 10 Julie. Bekroonde skrywers Fanie Viljoen, Christien Neser en Hans du Plessis sal hul skryfwenke met aspirantskrywers deel en terugvoer verskaf oor kursusgangers se stories.

Miemie du Plessis, LAPA se bestuurder van kinder- en jeugboeke, en Franci Greyling, ‘n professor in skryfkuns aan die Noordwes-Universiteit, sal deur die loop van die kursus ook terugvoer verskaf en meer vertel oor die skryf- en uitgewersproses.

Franse vlegselInnie skylte vannie JirreUitPleisters vir die dooies

 

Die kursus kos R980 per persoon vir verblyf, middagetes, ligte verversings en kursusmateriaal. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Woesdag, 10 Junie en daar is slegs plek vir 30 kursusgangers. ‘n Deposito van R500 moet die inskrywingsvorm vergesel en die res kan by die skryfskool betaal word. Vir meer besonderhede volg die ATKV se Facebook-blad.

Moet dit nie misloop nie!

Besonderhede

  • Datum: Woensdag 8 Julie tot Vrydag 10 Julie 2015
  • Tyd: 8:00 tot 16:30
  • Plek: Glenburn Lodge
    Kromdraaistraat
    Swartkops
    Muldersdrift
    Gauteng | Padkaart
  • Sprekers: Fanie Viljoen, Hans du Plessis, Christien Neser en Miemie du
    Plessis
  • Verversings: Middagetes en ligte verversings
  • Koste: R980 per persoon
  • RSVP: Jeanné Naudé, jeannen@atkv.co.za, 011 919 9088

 
Volledige program:

WOENSDAG, 8 Julie 2015

08:00-08:30 Registrasie
08:30-10:30 Aanvangs van Kursus – Franci Greyling
10:30-11:00 Koffie/Tee
11:00-12:00 Spreker: Christien Neser
12:00-13:00 Franci Greyling
13:00-14:00 Middagete
14:00-16:00 Franci Greyling
16:00-16:30 Samevatting en opdrag
 
DONDERDAG, 9 Julie 2015

08:30-09:30 Franci Greyling
09:30-10:30 Spreker: Prof. Hans du Plessis
10:30-11:00 Koffie/Tee
11:00-13:00 Franci Greyling
13:00-14:00 Middagete
14:00-15:00 Spreker: Fanie Viljoen
15:00-16:00 Franci Greyling
16:00-16:30 Samevatting en opdrag
 
VRYDAG, 10 Julie 2015

08:30-09:30 Franci Greyling
09:30-10:30 Spreker: Miemie du Plessis
10:30-11:00 Koffie/Tee
11:00-13:00 Franci Greyling en Fanie Viljoen (terugvoer)
13:00-14:00 Middagete
14:00-15:30 Franci Greyling en Fanie Viljoen (terugvoer)
15:30-16:00 Franci Greyling en Fanie Viljoen (opsomming en afsluiting)
 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment