Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Leer ken Louise Minnaar, die skrywer van Ons twee saam (Plus: ’n Uittreksel)

Ons twee saamOns twee saam deur Louise Minnaar vertel die storie van Elize en Edwin, ouditeur en klient, wat van meet af op mekaar verlief raak. Hulle moet egter die etiese gevolge van ‘n verhouding in ag neem, en dan verskyn daar gerugte dat Edwin bedrog gepleeg het.

Romanzalesersblog het meer uigevind oor die skrywer – haar passies, boeke wat sy herhaaldelik lees en haar ideale held. Oor die inspirasie vir Ons twee saam het Minnaar vertel dat sy self vir ‘n tyd in die ouditeursbedryf gewerk het en dat sy ‘n bietjie kreatiwiteit in haar lewe nodig gehad het.

Lees die artikel:

Waar skryf jy?

Ek skryf net waar ek die kans kry – op vakansies, as ek wag vir die verkeer om te sak, op my bed…

Drie items waar sonder jy nie kan leef nie …

Die drie goed wat ek nodig het. Sjoe, my selfoon, ‘n rekenaar (met internet!) en my kar. Dan kan ek oorleef!

Wie jou drie gunstelingskrywers is?

Wilna Adriaanse, Deon Meyer en Jodi Picoult.

In die uittreksel is die aantrekkingskrag tussen Elize en Edwin tasbaar, ten spyte van haar beste pogings om professioneel op te tree. Die idee dat Edwin bedrog gepleeg het is vir haar ondenkbaar, maar wat as dit waar is?

Lees die proestukkie:

“Ek het nou met die vloerbestuurder gepraat,” draai hy terug na haar toe. “Sy reaksie was ‘Watter voorraad?’ Hy weet absoluut niks van die pille wat Eric gesien het nie.”

Elize kyk hom effens geskok aan. Dis nie presies wat sy verwag het nie – sy het gehoop hulle gaan met die eenvoudigste, logieste verklaring vorendag kom. Edwin lyk self effens verbaas. Of verbeel sy haarself?

“O, uhm,” is al wat Elize uitkry. Sy begin skielik ongemaklik voel. As hier bedrog aan die gang is, sal hulle versigtiger moet wees. Om mee te begin, nie te familiêr raak met die finansiële direkteur nie.

Elize probeer dink wat sy in hierdie situasie moet doen. Vir die eerste keer wonder sy of Eric nie miskien net ‘n fout gemaak het nie. Maar sy sal nie graag sommer net wil opgee nie, dit is heeltemal teen haar aard.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment