Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

“Soos duiwels wat jou inwag” – Lees ’n uittreksel uit Fanie Viljoen se sielkundige riller, Prooi

ProoiFanie Viljoen se eerste roman vir volwassenes is ‘n sielkundige riller wat vra: “Wie is uiteindelik die jagter, en wie die prooi?”

Prooi handel oor die verstrengelde lewens van drie karakters – Cody Young, die player, Owen Jooste, die hokvegter, en Lauren Cooper, die beeldskone verleidster.

Die skrywer het ‘n uittreksel op sy webtuiste gedeel waarin die leser die jaloerse dromer, Owen Jooste, ontmoet. Hy probeer om die onheilspellende nagklub – Black Valentine – af te sweer, maar dit is makliker gesê as gedaan.

Lees die uittreksel:

“Ek is klaar met hierdie plek.” Owen Jooste se stem slaan na hom toe terug in Diana se halfverligte kantoor. “Dis verby. Finish.” Hy trek sy skouers terug en die hemp span oor sy arms en bors. Hy kyk Diana vas in die oë. Sy moet weet hy maak nie grappies nie.
Diana sit daar voor hom. Sy draai rustig heen en weer in die leerstoel agter die lessenaar.
Hy haat hierdie vrou. Haar mondhoeke trek stadig in ’n effense glimlag asof sy haar nie deur sy harde stem sal laat afskrik nie. “Ek is seker ek kan jou oortuig om te bly. Wat wil jy hê, Owen? Meer geld?”
“Dit gaan nie oor geld nie.”
“Nou wat dan? Sit, Owen, laat ons praat.”
“Ek wil niks verder van jou hoor nie, Diana. En ek wil ook nie sit nie, ek het jou net kom sê ek waai nou. Dis al.” Hy probeer hard om nie nog kwater te word nie. Dis gevaarlik, weet hy.
“Owen, skat,” gaan sy aan asof sy nie ’n woord gehoor het wat hy sê nie.
Wat is dit met haar?
“Wees nou redelik, toe? Jy kan my tog seker sê wat jou pla voordat jy gaan?”
Die woorde ril deur hom. Dis deel van die probleem. Dis nie net hierdie plek nie. Nie net Black Valentine nie. Dis sy ook – Diana met haar mooi woordjies waaragter donker goed skuil. Soos duiwels wat jou inwag.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment