Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Eet soos die sterre met Sterkos deur Vrouekeur-kosredakteur Marlo Kitshoff-Carstens

SterkosSterkos deur Marlo Kitshoff-Carstens verskyn eersdaags op LAPA se rakke:

Met wie wil die ekonoom Dawie Roodt om ’n tafel kuier? Wat is die pianis Rocco de Villiers se trooskos? Waarmee bederf die sangeres Sonja Herholdt haarself?

Hierdie boek vertel jou alles!

Vrouekeur Sterkos – Kook saam met die sterre vertel ook meer oor gewilde Suid-Afrikaanse bekendes se kosfiemies en koslekkertes; boonop deel en ’n ieder en ’n elk hul gunstelingresep.

Dié boek volg op die suksesvolle kosrubriek “Sterkos” in Vrouekeur. Probeer ’n bietjie resepte soos Pierre Greeff (van Die Heuwels Fantasties) se perfekte braaibroodjie, Tobie Cronjé se glutenvrye koek en Karlien van Jaarsveld se treffertunatert.

Daar’s ’n mengsel van soet en sout, eenvoudig en dekadent. Met dié resepte sal jy ook ’n ster in die kombuis wees!

Al die resepte is deur die kosredakteur en -stilis, Marlo Kitshoff-Carstens, beproef. Carstens, Vrouekeur se kosredakteur sedert die eerste uitgawe in Oktober 1999 lig gesien het, is die ma van twee woelige seuns en verstaan die eise van vrou en ma wees. Dis daarom dat haar resepte enige vrou – selfs die wat sku is vir kosmaak – inspireer. Haar boeke verkoop baie goed, in die 2014 boekjaar was hulle agtien keer op die Nielsen topverkoperlys.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment