Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Wie steel die kunsmis? Vind uit in Speurder Annika kry snuf in die neus deur Elmarie Botes

Speurder Annika kry snuf in die neusSpeurder Annika kry snuf in die neus deur Elmarie Botes is nou by LAPA beskikbaar:

Die tweede boek in die baie gewilde Speurder Annika-reeks. Annika is mal oor speurverhale en raaisels – en sy weet hoe om geheime uit te snuffel. Veral as die geheim ruik na … kunsmis! Iemand gooi die skool se kunsmis in bottels en verkoop dit. Almal dink oom Gysie, die skoolopsigter, is die skuldige. Maar Annika kan dit nie glo nie. Sy is seker hulle maak ‘n fout. Maar hoe gaan sy dit bewys?

Annika besluit om al haar speurvernuf te gebruik en die waarheid uit te vind.

Oor die outeur

Elmarie Botes woon tans saam met haar gesin in Swede. Sy is ’n proefleser, redigeerder, keurder, vertaler en skrywer. Elmarie het in 2007 die ATKV-Kinderboektoekenning ontvang vir haar boek Jabulani die Olifant.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment