Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Drie lewens raak onomkeerbaar inmekaar verstrengel in Fanie Viljoen se eerste roman vir volwassenes, Prooi

ProoiProoi deur Fanie Viljoen verskyn eersdaags op LAPA se rakke:

Fanie Viljoen het in 2014 twee opspraakwekkende tekste gelewer: Pleisters vir die dooies (oor ’n skoolskieter) en toe Uit (oor ’n gay seun se soeke na aanvaarding).

Nou is hy terug met ’n groot knal – ‘n sielkundige riller.

Prooi, sy eerste volwasse roman, beloof om die lesers én die kritici weer te laat regop sit.
 
Drie lewens raak onomkeerbaar inmekaar verstrengel:

  • Cody Young, die player, wat met losbandige seks desperaat op soek is na homself;
  • Owen Jooste, die hokvegter, met die drome, woede en jaloesie;
  • en tussen hulle staan Lauren Cooper, die beeldskone verleidster, wat op ’n pad van selfvernietiging beland.

Wie is uiteindelik die jagter, en wie die prooi? En wat gaan aan by die sinistere nagklub – Black Valentine? Sluip daar moontlik nóg ’n jagter rond?

Prooi gaan die leser stadig maar seker in sy verleidelike kloue kry … en voor jy weet, is dit te laat om te ontsnap.

Oor die outeur

Fanie Viljoen se eerste kortverhaal is in 1999 in Sarie gepubliseer. Daarna het nog publikasies in tydskrifte en boeke gevolg. Vandag is hy een van Suid-Afrika se gerekende kinderboekskrywers. Sy werk is bekroon met verskeie toekennings. Hy skryf veral kinder- en jeugboeke omdat daar nie grense is aan kinders se verbeelding nie. Viljoen woon die afgelope nege jaar in Bloemfontein. Hy skilder en skryf voltyds.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment