Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Prettige aktiwiteite, feite en resepte uit Hoezit 3: Die wonderwêreld van reptiele en amfibieë

Hoezit 3: Die wonderwêreld van reptiele en amfibieëDie interaktiewe webtuiste vir die jongspan, Hoezit, is die kreatiewe projek van die bekroonde kinder- en jeugboekskrywers, Jaco Jacobs en Fanie Viljoen.

Jacobs en Viljoen beskryf hul webblad as ‘n “gatskop webwerf propvol interessante goeters vir nuuskieriges, verveeldes en avontuurlustiges” vir seuns en meisies tussen agt en dertien jaar.

Hoezit 3: Die wonderwêreld van reptiele en amfibieë het onlangs by LAPA Uitgewers verskyn en die skryfspan het ‘n paar uittreksels en ‘n resep uit die boek op hul webwerf gedeel.

Oorweeg jy dit om ‘n reptiel aan te skaf? Lees die uittreksel om uit te vind waarom ‘n glibberige, skubberige troeteldier dalk nie so ‘n slegte idee is nie:

 

Het jy geweet daar is 10 000 verskillende reptielspesies in die wêreld? Of dat die gouepadda laas in 1989 in Costa Rica gesien was? Vir meer interessante feite oor reptiele en amfibieë, loer na die uittreksel:

 

Wat is vir aandete? Dalk ‘n appelpadda of ‘n komkommer-krokodil? Probeer die heerlike (grillerige) resepte wat jy in ‘n japtrap van vrugte kan maak:

 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment