Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

“Ons is almal in iemand se oë skuldig aan iets” – Skuldig deur Martin Steyn bekendgestel op Stellenbosch

Martin Steyn

 
“Ons is almal in iemand se oë skuldig aan iets.”

Só sê een van die karakters in Martin Steyn se tweede spanningsroman wanneer hy gevra word waarna die groot letters teen die muur by die moordtonele kan verwys: SKULDIG – in die slagoffer se eie bloed geskryf.

Martin Steyn en Jono AmidSkuldigSteyn het Saterdag, 11 April met krimikenner Jono Amid by die Protea Boekwinkel op Stellenbosh gesels ter bekendstelling van Skuldig. Hy het vertel dat die grys areas hom veral interesseer, en dat hy juis ‘n gesonde familie vir sy hoofkarakter, Adjudant Colin Menck, geskep het omdat dit so min in speurverhale gebeur.

Die persoonlike verhoudings is ‘n teenpool vir die gruwels van die moorde in dié verhaal, met karakters wat lank na jy die boek neersit steeds by jou spook. Steyn se realistiese weerspieëling van die Kaapse omgewing en die binnewerke van die Ernstige Geweldsmidaadeenheid, Bishop Lavis boei die leser enduit.

Amid het Steyn geluk gewens vir die subtiele manier waarop hy ‘n relevante dog skokkende tema aanpak sonder om die leser daarmee deur die gesig te slaan. “Die skrywer is maar die koord wat stories aanmekaar bind,” het Steyn gesê.

Helené Prinsloo (@helenayp) het regstreeks vanaf die geleentheid met #livebooks getwiet. Lees die tydlyn om te sien waaroor het hulle nog gesels:
 


 

 
Izak de Vries het na die geleentheid ‘n verslag op sy blog geplaas, waarin hy meld dat bekende boekhandelaar en digter Louis Esterhuizen Steyn se werk selfs meer as Deon Meyer se jongste spanningsroman geniet het.

Lees die artikel:

Op Saterdag 11 April 2015 is Martin Steyn se Skuldig bekendgestel by die Protea Boekwinkel op Stellenbosch. Jono Amid het die gesprek gelei.

Dit was deels ’n tuiskoms, want Louis Esterhuizen het ook Martin se eerste boek, Donker spoor, hier bekendgestel en juis daarom was daar ook ’n mate van spanning, want Louis was geweldig positief oor Donker spoor. Sou hy weer positief wees oor Skuldig? ’n Tweede boek is altyd ’n probleem.

Die goeie nuus is: Louis is mal oor Skuldig. Die rede? Martin ontbloot die samelewing se moraliteit. Wie is skuldig? Is ons nie almal skuldig nie? Wie moet boet? Hoe moet ons die waarheid ontbloot?

Facebook galery:

Martin Steyn se tweede spanningsroman – Skuldig – is op 11 April by Protea Boekwinkel Stellenbosch bekendgestel. Hy het met Jono Amid gesels.

Posted by Lapa Uitgewers on Tuesday, 21 April 2015

 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment