Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Ma van die jaar (“in training”): Zerelda Esterhuizen deel ’n staaltjie oor ’n redenaarskompetisie

Doen dit sóZerelda Esterhuizen het onlangs ‘n storie oor ‘n verpligte redenaarskompetisie op haar Vrouekeur-blog gedeel.

Die kleine Ziani se juffrou het gesê hulle moet aan die kompetisie deelneem, maar die skrywer had haar bedenkinge. Sy onthou hoe sy skugter en skaam was en nooit meer as ‘n piep kon uitkry nie. Sy het eerder die toesprake geskryf as om voor ‘n gehoor op te tree.

Dan breek die groot dag aan en Esterhuizen is verstom deur een kind wat “klink of hy die Brittanica opgeswot het”. Wanneer dit Ziani se beurt is leer die Doen dit só-samesteller ‘n waardevolle les.

Lees die artikel:

“Nag, Mamma.”

Sy roep my terug toe ek omdraai deur toe: “Mamma, Juffrou sê ons moet redenaars doen, weet jy dit?”

Ek weet “Juffrou” weet deesdae baie meer as wat ek weet en het my binne ’n week as die belangrikste vrou in haar lewe vervang, maar daar maak Juffrou seker nou ’n hengse fout.

“Nee, man, Ziani. Dis nie vir julle kleintjies nie. Dis vir die groot kinders. Dis vir die kinders wat graag voor ander mense wíl praat.”

Ek was nooit een van die welsprekende kinders op skool wat sonder skroom hul sê kon sê nie. Ek kon letterlik voel hoe golwe van rooi hitte oor my spoel as ek my mond in ’n saal moes oopmaak. Ek kon die toespraak skryf, ja, maar ek voel my lewe lank al veel veiliger (en baie gelukkiger) agter die skerms.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment