Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Lizz Meiring vra: Ondersteun Die Teaterbystandsfonds (Video)

In die kollig“Ons kan nie toelaat dat dit gebeur nie.”

Só het Lizz Meiring onlangs aan Netwerk24 gesê tydens ‘n onderhoud oor Die Teaterbystandsfonds (TBF) waar sy as bestuurslid dien. Die TBF bied bystand vir kunstenaars (van voorportaalbestuurderskuns en produksiemense, joernaliste en fotograwe tot akteurs en uitvoerende kunstenaars) wat sekuriteit en finansiële hulp nodig het.

Meiring, outeur van In die kollig: Speeltekste vir dramaleerders en self ‘n bekende aktrise, raak emosioneel wanneer sy oor ‘vergete’ akteurs se realiteit praat en doen ‘n beroep op mense om in te spring en te help. In die onderhoud met Anika Marais vertel sy oor die ondenkbare omstandighede waarin “dieselfde mense wat ons jare lank op die kassie en op die verhoog vermaak … gedien het” hulself bevind.

“Dit is vir my ook ontsaglik belangrik dat die TBF ‘n jong, vars, funky gesig ook het,” sê Meiring.

Lees die artikel, en kyk na die video:

Die aktrise Lizz Meiring se oë skiet vol trane.

“Ek was nou die dag by ’n baie bekende oud-akteur se huis, waar ek net ’n halwe boksie suur melk in die yskas en in die koskas ’n pakkie beskuit gekry het wat reeds twee jaar gelede verval het,” vertel sy van haar huisbesoeke aan bejaarde akteurs.

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment