Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Plasenta deur Peet Venter: Thys Krige sluit die finale hoofstukke van sy troebel verlede af

PlasentaPlasenta deur Peet Venter verskyn eersdaags op LAPA se rakke:

Teen die einde van die derde boek, Waar boosheid broei, is Thys Krige se loopbaan by ’n laagtepunt. In Plasenta tel hy die stukkies op en besluit om die laaste hoofstukke van sy troebel verlede af te sluit.

Thys kyk sy demone in die oë en begin die ontvoering van sy halfsuster, Karen Borijn, én die dood van sy minnares, Robyn Arendse ondersoek. Karen is meer as vyftien jaar gelede, op twaalfjarige ouderdom ontvoer. Die vraag is of sy nog leef, en indien wel, in watter toestand sal sy wees as hy haar opspoor? Jong meisies word vir die sekshandel ontvoer en Thys weet dit.

Sy speurvernuf bring hom op die spoor van ’n Turkse sluipmoordenaar wat hom na Maputo toe lei vanwaar ontvoerde meisies verskeep word na Pakistan.

Danksy ’n intense binnegeveg in die sindikaat, verkry Thys die nodige inligting wat hom moontlik van aangesig tot aangesig kan bring met die man wat destyds sy kloue in Karin, Thys se halfsussie, geslaan het.

Dié leidrade neem hom na Ciprus.

Die probleem is, die huis daar op Ciprus waarin al die geheime bewaar is, word deur gewapende wagte bewaak. Krige is versigtig, maar word wel deur die wagte gevange geneem … Nou moet die leser maar self verder lees, want aan die binnekant van dié vesting weet Thys skielik wat hom te doen staan.

In hierdie boek word talle van die vrae waarmee die leser in die vorige boek gestrand was, beantwoord, en Thys se lewe én speurwerk bereik nuwe hoogtes. Sal hy egter oorleef om hierdie suksesse te smaak?

Plasenta is die vierde boek in die reeks wat bekend staan as die Thys Krige-reeks. Dieper as die bloed, Ou Bloed en Waar boosheid broei is die eerste drie.

Saam met Thys se loopbaan, is dié van Venter ook aan die groei. In die afgelope twee jaar was hierdie hardebaardskrywer reeds 24 keer op Nielsen se top 100-lys, waarvan elf keer in die top 40.

Oor die outeur

Peet Venter se eerste roman, Die Alleenlopers, is in 1979 gepubliseer deur Nasionale Pers. Daarop volg ‘n verdere nege werke, meestal speurrillers, maar ook geskiedkundige verhale, asook ‘n aantal kortverhale in verskeie bundels, almal gepubliseer deur JP van der Walt / LAPA Uitgewers. ‘n Verskeidenheid kort- en vervolgverhale verskyn ook in Keur. Venter is aan ‘n raadgewende ingenieursfirma in Pretoria verbonde. Hy woon op sy plaas in die Dinokeng-bewaria.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment