Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

LAPA wen vir kinderontwikkeling

 
Aandag! Twee van LAPA Uitgewers se kleuterboeke het uitgeblink by die Nasionale Ontwikkelingsagentskap se Vroeë-kinderontwikkeling-toekennings (Early Childhood Development Awards) wat Donderdagaand, 26 Maart 2015, tydens ’n glansryke geleentheid by Montecasino, Johannesburg, oorhandig is.

My Eerste WoordeboekParmant

 
Maja Sereda se My eerste woordeboek, ’n baanbreker-kleuterwoordeboek in vier tale (Afrikaans, Engels, isiXhosa en isiZulu), is as wenner in die kategorie Beste Publikasie vir Vroeë Kinderontwikkeling aangewys.

Die illustreerder Alzette Prins is bekroon as Beste Illustreerder vir 2014 met haar illustrasies vir Leon de Villiers se gewilde kleuterboek Parmant (in Engels gepubliseer as Cheeky en in isiXhosa as uTshiki).

Die toekennings word jaarliks gedoen om erkenning te gee aan persone en instansies wat bydra tot die strewe na uitnemendheid op die gebied van vroeë kinderontwikkeling.

Die toekennings is deur die minister van sosiale ontwikkeling, Bathabile Dlamini, oorhandig.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment