François Ferreira gesels oor Koskaskos: Moenie blikkies- en pakkieskos ‘kaal’ voorsit nie
Kort voor sy gesprek by die 2015 Woordfees het François Ferreira met Izak de Vries gesels oor sy splinternuwe kookboek, Koskaskos. Hulle praat ook oor sy agtergrond, kookskool en items wat absoluut in mens se koskas moét wees.
“In Koskaskos sê ek dat ’n kortpad gebruik kan word deur die gebruik van ’n blikkie, ’n pakkie of ’n sakkie, maar jy moet nog vars kos daarby sit en dit nie ‘kaal’ voorsit nie,” sê Ferreira.
Lees die artikel:
IDV: Jy het jou opleiding as sjef in die Suid-Afrikaanse Lugmag begin. Die meeste van ons wat destyds voete gestamp het, kan glad nie ’n gunstelingresep onthou uit daardie dae nie. Wat het jý dan daar geleer?
FF: Ek het my opleiding deur die Lugmag se kookskool gedoen – daar is ons in die ware klassieke styl opgelei. Ek kan verstaan dat die algemene troepe nie dit sal verstaan nie, maar die Lugmag se sjefs het goeie opleiding gekry wat deur die Suid-Afrikaanse Sjefvereniging goedgekeur is.
Lees ook:
Boekbesonderhede
- Koskaskos deur François Ferreira
Boek se tuisblad
EAN: 9780799368420
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment