Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Bets Smith gesels oor Onder ’n sterrehemel: Afrikaners het ’n behoefte aan helde

Onder 'n sterrehemelIzak de Vries het met Bets Smith gesels oor haar jongste boek, Onder ‘n sterrehemel.

De Vries vra Smith onder meer of sy dink die Afrikaner is reg om weer helde te hê, te wyte aan die oplewing in boeke oor die helde van ouds. Hierop antwoord die skrywer:

“Ek dink dis nie net die Afrikaner wat weer reg is om helde en heldinne te hê nie, maar almal in die wêreld. Leiers is nie meer werklik mense om na op te sien nie, omdat die massamedia al hul foute en gebreke uitwys en almal ontnugter. Aan die ander kant is Afrikaners dalk bietjie meer romanties (of idealisties?) as waarvoor ek hul krediet gee. Ons, meer as die res van die wêreld, het ons leiers op troontjies geplaas, of deur ’n pienk bril bekyk, en nou hang ons in ’n lugleegte met die behoefte om weer iemand te hê wat die Afrikaner weer na ’n gerespekteerde nasie sal laat voel.”

Lees die artikel om meer uit te vind oor Smith se vrouekarakters, waarom sy skryf en hoe geskiedenis neerslag vind in haar boeke:

Ek het aan Bets Smith ’n paar vrae gevra oor haar jongste tweeluik wat tydens die Tweede Anglo-Boereoorlog afspeel. Soos in d louw se eMajuba, is daar in Onder ’n sterrehemel ’n vroulike spioen wat opduik.

Die volgende boek, Goue dagbreek, verskyn vroeg in Februarie.

[ ...]

Jou eerste voltydse werk was in die weermag se dokumentasiediens waar jy navorsing gedoen het oor die land se weermaggeskiedenis. Ek sien gereeld hoe die oorlog of die geskiedenis neerslag vind in jou boeke. Wil jy iets daaroor sê?

Bets: Wat betref my werk by die weermag, is dit moeilik om te sê wat het eerste gekom: die oorlog of die geskiedenis? Ek was nog altyd lief daarvoor om spanningsverhale en oorlogsromans te lees en het nog altyd ’n voorliefde vir die geskiedenis gehad. Geskiedenis was een van my hoofvakke vir my graad.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment