Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Nuut deur Jaco Jacobs en Fanie Viljoen – Hoezit 3: Die wonderwêreld van reptiele en amfibieë

Hoezit 3: Die wonderwêreld van reptiele en amfibieëJaco Jacobs en Fanie Viljoen se nuutste aktiwiteitsboek vir jong diereliefhebbers, Hoezit 3: Die wonderwêreld van reptiele en amfibieë, is nou by LAPA beskikbaar:

Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwêreld van reptiele en amfibieë kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong diereliefhebbers se tone te laat omkrul van lekkerkry! Leer ken die reptiele en amfibieë se oeroupagrootjies, speel slangetjies-en-leertjies en leer speel-speel die giftigste slange ter wêreld ken, en ontmoet ’n paar van die vreemdste reptiele en amfibieë op aarde.

Oor die outeurs

Jaco Jacobs is op Carnarvon in die Karoo gebore. Sy eerste boek, Troetelgedrog, het in 2001 by LAPA verskyn, en sedertdien het meer as honderd boeke vir kleuters, kinders en tieners uit sy pen verskyn. Sy boeke is onder meer bekroon met die Alba Bouwerprys, die C.P. Hoogenhoutmedalje en 19 ATKV-Kinderboektoekennings. Talle van sy boeke word met groot sukses by skole voorgeskryf, en in 2014 is ’n rolprentweergawe van sy gewilde tienerboek Suurlemoen! landwyd vrygestel. Hy woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy dogtertjies, Mia en Emma, twee honde, Pippie en Binki, en ’n baie stoute kantoorkat genaamd Lego wat sy bes probeer om Jaco uit die werk te hou. Besoek gerus sy webtuiste.

Trefferboeke soos Betower, BreinBliksem, Onderwêreld en die Nova-wetenskap-fiksiereeks het van Fanie Viljoen ’n huishoudelike naam gemaak. Fanie het in Welkom grootgeword. Afgesien van sy bekroonde skryfwerk vir kinders en jong-mense, is hy ook ’n kunstenaar en kinderboekillustreerder wat al aan verskeie uitstallings deelgeneem het. Sy boeke BreinBliksem en Onderwêreld is met die Sanlamprys vir Jeuglektuur bekroon, Betower was die naaswenner in LAPA se jeugromankompetisie, en hy het al ’n rits ATKV-Woordveertjies ingepalm.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment