Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Izak de Vries peper Kristel Loots oor die dinge wat mans oor vrouens wil weet

Katerina se mojo“Ek dink manne moet ook maar uitvind oor hulle eie vroue se mojo.”

Só het Izak de Vries onlangs op sy LitNet-blog geskryf oor Katerina se mojo, Kristel Loots se jongste roman.

Loots het ’n paar wenke met De Vries gedeel om sy vrou beter te verstaan en na die lees van haar boek skryf hy: “Jy sal nooit weer ’n stuk broccoli in die oë kan kyk sonder om aan hierdie teks te dink nie.”

De Vries het dapper vrae gevra oor menopouse, emigrasie, depressie en hoekom mans nie die meganisme van mojo verstaan nie.

Lees die artikel:

Izak: Waar sit my vrou se mojo?

Kristel: Ag, as meer mans maar kon weet waar ’n vrou se mojo sit! Dis die versugting van soveel vroue wat probeer oorleef met mans wat jare lank al lomp en verbete op verkeerde plekke daarna soek omdat hulle niks weet van ’n vrou se binnewerke nie.

Dis tog so eenvoudig. ’n Vrou se mojo sit natuurlik in haar kop. En haar hart. En natuurlik is dit ook goed gesetel in haar lyf, hoe dan nou anders? Maar dit sal meer as ’n blote biologieles neem om dit vir die meeste mans te leer.

Hoe-om-jou-huwelik-te-red-boekies probeer nou al jare lank vir al wat man is verduidelik dat ’n vrou met haar eie ore wil hoor dat jy vir haar lief is. En dat sy dit met haar eie oë wil sien. En nee, die grotmanmetode het nie eens in die oertyd gewerk nie.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment