Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

LAPA-skrywers by die US Woordfees 2015

Die jaarlikse US Woordfees is om die draai, met ’n opwindende program wat alles insluit van boekgesprekke tot kosdemonstrasies en aktiwiteite vir die jongspan. Vanjaar se tema is “Sestien Onse” en die fees vind plaas vanaf 6 tot 15 Maart 2015.

LAPA Uitgewers word weereens goed verteenwoordig deur onder meer Fanie Viljoen, Chanette Paul, Martin Steyn, Madelein Rust, Niël Stemmet, Gerrit Rautenbach en Riana Scheepers.

Jeugboekskrywers Christien Neser, Alet Steenkamp and Nerine Ahlers sal oor hul boeke vir jong volwassenes gesels. Vir ’n gesprek oor die liefde is daar niemand beter op die program as Kristel Loots, Bernette Bergentuin en Sophia Kapp nie.

Meer besonderhede oor LAPA se skrywers wat by die Woordfees gaan optree:

Slym en die towertapytPleisters vir die dooiesPlons101 KleinkoekiesDonker spoor
Die 13de kaartSout + peperSoene, sonroom en seestromeFranse vlegsel
Vallei van melk en heuningEwebeeldMooiloopDie ander vrouStiletto's van staalDriehoekToorwoorde roep my

 

Graad 3: Slym en die Towertapyt – Fanie Viljoen​
Datum: Maandag, 9 Maart
Tyd: 9:30
Plek: Van der Stel Sportgronde
Koste: Gratis
Fanie Viljoen stel die wêreld se eerste wurm wat in paddakonsert gesing het aan lesers voor. Hy vertel ook alles oor Slym se avonture met die gogga-sirkus, die beker van geluk en die towertapyt. Die WOW leerders word ook touwys gemaak oor hoe om Slym se storie te illustreer.

Nettie Cilliers: 101 Kleinkoekies (kosdemonstrasie)
Datum: Maandag, 9 Maart
Tyd: 10:00
Plek: Die Khaya
Koste: R50
Moenie koekies koop nie! Laat Nettie Cilliers jou eerder wys hoe. Met haar humoristiese aanslag sal sy praktiese wenke met jou deel oor hoe om outydse gunstelinge én die nuutste happies te bak vir wanneer die kinders of kleinkinders kom kuier. Dit laat Ma en Ouma se huis spesiaal ruik, na botter en vanielje, wat kinders lewenslank sal onthou. Susanna Jooste gesels met Nettie terwyl sy bak.

Die sielkunde van die krimi, met Martin Steyn en Madelein Rust​
Datum: Maandag, 9 Maart
Tyd: 14:00
Plek: Erfurthuis
Koste: R40
Martin Steyn (Donker spoor) en Madelein Rust (Die 13de kaart), beide skrywers van krimiboeke, albei met ‘n sielkunde agtergrond, ontleed die genre saam met ‘n derde sielkundige, ST Potgieter, wat krimi’s lees. Martin en Madelein se boeke ondersoek die donker binneste van die psige. Hoe ervaar die skrywers dit en waarom fassineer dit hulle so?

Grade 4-5: Plons – Fanie Viljoen
Datum: Dinsdag, 10 Maart
Tyd: 9:30
Plek: Van der Stel Sportgronde
Koste: Gratis
In ‘n opwindende program vertel Fanie Viljoen WOW leerders hoe die lewe wat skrywers lei kan lyk. Hy deel ook sy skryfwenke en wys vir leerders die lokprent van sy nuutste boek: die heerlik humoristiese storie vir jong lesers, Plons.

Erfeniskos met Niël Stemmet: Sout + peper ​​(kosdemonstrasie)
Datum: Dinsdag, 10 Maart
Tyd: 10:00
Plek: Die Khaya
Koste: R50
Renate Coetzee gesels met Niël Stemmet oor erfeniskos. Sy boek, Sout + peper, is gebaseer op sy nostalgiese kos- en reisblog. Daarin vertel hy stories en verwys na resepte wat in die volksmond oorvertel en aangegee is, van grootmoeder na moeder, van moeder na dogter (of seun). Kom luister, kyk af en proe saam.

Grade 6-7: Soene, sonroom en seestrome – Alet Steenkamp and Nerine Ahlers
Datum: Woensdag, 11 Maart
Tyd: 9:30
Plek: Van der Stel Sportgronde
Koste: Gratis
Soene, sonroom en seestrome is die sewende titel in Nerine Ahlers en Alet Steenkamp se gewilde SSS-reeks. Hulle vertel die WOW leerders hoe opwindend dit is om saam te skryf. Want dan druk mens mekaar verder as wat jy as individu sou dink of waag.

Fanie Viljoen: Pleisters vir die dooies
Datum: Woensdag, 11 Maart
Tyd: 14:00
Plek: Boektent
Koste: R50
Fanie Viljoen se jong volwasse roman, Pleisters vir die dooies, is skokkend – maar word deur ouers en leerkragte geloof vir die eerlike uitbeelding van die donker kant in jongmense. Toe volg sy boek Uit, oor homoseksualiteit. In hierdie multimedia-aanbieding gesels Fanie met Nanette van Rooyen oor tienerskryfwerk en dinge waaroor sommige ouers liefs nie wil praat nie. Nie vir kinders jonger as 12 jaar nie.

Grade 8 – 10: Franse vlegsel – Christien Neser
Datum: Donderdag, 12 Maart
Tyd: 9:30
Plek: Van der Stel Sportgronde
Koste: Gratis
Die spraak- en leesterapeut Christien Neser kom demonstreer hoe die lekkerte van lees aan jou vingerpunte lê en bring ‘n handvol redes om te lees. Sy stel ook die nuutste boek in die Elle-reeks aan leerders voor.

Francois Ferreira: Koskaskos (kosdemonstrasie)
Datum: Donderdag, 12 Maart
Tyd: 10:00
Plek: Die Khaya
Koste: R50
Francois Ferreira het vir FW de Klerk én Nelson Mandela gekook. Tans besit hy ‘n kosskool en is hy gereeld ‘n gas op TV en radio. In ‘n lekker kosdemonstrasie met resepte uit Koskas-kos leer hy jou hoe om smake te kombineer sodat alledaagse, eenvoudige kos vorentoe smaak. Riana Scheepers lei die gesprek.

Chanette Paul: Ewebeeld
Datum: Donderdag, 12 Maart
Tyd: 15:00
Plek: Erfurthuis
Koste: R40
Chanette Paul gesels met Izak de Vries oor die mitologie sowel as Freudiaanse en Jungiaanse aspekte in haar werk. Deur diep uit die mitiese argetipes te tap, kyk Ewebeeld hoe ‘n geweld-dadige samelewing vrouwees tot verskrikking kan verwring.

Mooiloop-kuier
Datum: Donderdag, 12 Maart
Tyd: 17:30
Plek: De Vette Mossel
Koste: R220
Mooiloop: Mooiste reisstories is al beskryf as kortverhale in ‘n aandpak, met stapstewels. Gerrit Rautenbach, Nanette van Rooyen, Riana Scheepers en Naomi Bruwer gesels oor reis, lewenslesse en plekke van die hart. Dié drie is puik storievertellers en die liefde vir die plekke wat hulle ontdek, slaan deur.

Storievuur met Johan Bakkes, Marida Fitzpatrick, Chanette Paul, Kerneels Breytenbach en Valiant Swart
Datum: Vrydag, 13 Maart
Tyd: 17:30
Plek: De Vette Mossel
Koste: R220
Johan Bakkes se Storievuur-kuiers is elke keer baie gewild en stampvol. Kom kuier weer lekker saam met hom om die kospotte en kuiervure. Hy ruil stories uit met Marida Fitzpatrick, Chanette Paul en Kerneels Breytenbach.

Rondomskrik deur Rachelle Greef
Datum: Vrydag, 13 Maart, Saterdag, 14 Maart en Sondag, 15 Maart
Tyd: 20:30, 10:00, 11:00
Plek: KykNET Hoërskool Stellenbosch
Koste: R120
Die bekroonde storie van hoop, humor en tragiek is tegelykertyd ‘n liefdesbrief aan die onderwys, ‘n aanklag oor hoe ons ons kinders faal en ‘n soeke na hoop in ‘n oënskynlik hopelose situasie. Die droom-rolverdeling vertel die storie van Antjie Fortuin: 14 jaar oud, arm en desperaat, wat vir Jamien Jacobs ontmoet: daai onderwyseres wat ons almal onthou – wat skel, raas, dissiplineer, maar uiteindelik omgee. En net toe dit lyk asof Antjie se vlieg-tuig byna byna in die lug is, toe gebeur daardie Vrydagaand en ‘n kombinasie van wegkyk, verwaarlosing en onmenslikheid laat alles verander.

O, die liefde!
Datum: Saterdag, 14 Maart
Tyd: 11:00
Plek: Boektent
Koste: R50
Marida Fitzpatrick hoor by die skrywers Kristel Loots (Die ander vrou), Bernette Bergentuin (Stiletto’s van staal) en Sophia Kapp (Driehoek) hoekom dit so lekker én moeilik is om lesers gelukkig te hou. Hulle gesels ook oor sterk vroue, moeilike liefdesdriehoeke en die donker kant van ‘n liefdesverhaal – plus wenke oor hoe om die regte man te vang. Berei jou voor vir ‘n groot gelag (en dalk ‘n traantjie of twee).

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment