Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Wen: Tee met Marita van der Vyver en ’n kopie van Die coolste ouma op aarde

Die coolste ouma op aardeLAPA Uitgewers en Marita van der Vyver nooi lesers en aanhangers van dié skrywer om foto’s van die coolste, lekkerste, oorspronklikste oumas in die land op Van der Vyver se Facebook-groep te plaas.

Die prys? ‘n Geleentheid vir die wen-ouma om saam met Van der Vyver ‘n koppie koffie te drink wanneer sy weer in die land is en ‘n kopie van Die coolste ouma op aarde.

Die kompetisie duur tot einde Desember. Maak gou – neem vir ouma af!


Izak de Vries het met Van der Vyver gesels oor hierdie prettige prenteboek. Sy vertel waar die idee vir Die coolste ouma op aarde vandaan gekom het, hoe sy haar eie oumas ervaar het en deel gedagtes rondom haar skryfwerk oor die algemeen.

Lees die artikel:

As jy eendag ’n ouma gaan wees, watter soort ouma gaan jy wees?

Daar’s een ouma in my boek “met ’n wilde bos spierwit hare en vreeslik baie boeke”. Sy lê in die bed, nie omdat sy siek is soos Rooikappie se arme ouma nie, maar omdat dit die lekkerste plek is om te lees. Ek hoop nogal dat ek so ’n ouma sal word, maar omdat ek ’n skrywer is wat nie beplan om ooit “af te tree nie, sal ek seker meer agter ’n rekenaar sit en skryf as in ’n bed lê en lees!

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment