Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Jaco Jacobs vertel oor Benny Lindelauf se besoek aan Suid-Afrika

Die Nederlandse skrywer Benny Lindelauf het vanjaar saam met verskeie Afrikaanse skrywers deur die land getoer en skole besoek om kinders te inspireer om meer te lees. Jaco Jacobs het ’n artikel vir Netwerk24 geskryf oor die projek en Lindelauf se besoek.

Suurlemoen!My ouma is 'n rock-sterZackie Mostert en die meisie-molesHoezit 1: Die wonderwêreld van soogdiereKougom in my hare

 
“Dit is sommer uit die staanspoor duidelik waarom hy ’n goeie keuse vir die projek was – hy is spontaan en entoesiasties,” skryf Jacobs, wat saam met Fanie Viljoen hul skryfwenke met die skoliere in Bloemfontein gedeel het. Hy vertel dat die skoolkinders in Bloemfontein baie geesdriftig was oor die projek, en alhoewel hulle aanvanklik skrikkerig was vir die Nederlands het hulle gou die sessie en die taal onder die knie gekry.

Lees die artikel:

As jy in die 1990’s en vroeër op skool was, onthou jy waarskynlik ’n Nederlandse voorgeskrewe boek of twee, soos De Witte Boot of Koning van Katoren. Deesdae is Nederlands egter nie meer ’n deel van die voorgeskrewe Afrikaanse kurrikulum nie en al hoe minder Afrikaanssprekende kinders kry enigsins blootstelling aan ’n wêreldtaal wat ons eintlik maklik verstaan.

Dit is waarom Sasnev (die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere) vanjaar besluit het om die Nederlandse jeugboekskrywer Benny Lindelauf na Suid-Afrika te bring om skryfwerksessies vir tieners aan te bied.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment