Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

LAPA-skrywers blink uit op plaaslike topverkoperlyste

 
Taalgenoot, die kultuurtydskrif van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) wat elke kwartaal verskyn, het in hul Oktober uitgawe syfers geplaas van LAPA-boeke en skrywers wat die Suid-Afrikaanse topverkoperlyste gehaal het. Die marknavorsingsmaatskappy Nielsen bestudeer die verkope van alle boeke in Suid-Afrika – beide plaaslik en internasionaal.

Die sebra wat hartseer wasRaaiselspieelAls oor kopTolbosAlles oor hekelThomas@vrees.net
Lekker en vinnig: Heerlike bygeregteBloedspoorZackie Mostert en die baie beroemde hondBrei saam met Vrouekeur 10: Vrouetruie

 
Volgens die syfers was Jaco Jacobs al 80 keer op die topverkoperlys en sewe maal onder die top 20. Jacobs se tienerboek, Suurlemoen!, is vanjaar in ’n fliek omskep.

Hendri Warricker, skepper van die Lekker en vinnig-reeks, was al 68 keer op die lys en nege keer onder die top 20. Sy resepteboek, Lekker en vinnig: Heerlike bygeregte, was al 10 keer op die topverkoperlys en drie keer onder die top 20.

Tolbos deur Irma Joubert was al 16 keer op die lys en 10 keer onder die top 20, en Bernette Bergenthuin het die lys 17 keer gehaal met haar roman, Als oor kop.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment