Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Jenny Downham se aangrypende jeugverhaal Before I Die nou beskikbaar in Afrikaans: As ek val

As ek valDie Afrikaanse vertaling van Jenny Downham se bekroonde Before I Die is nou beskikbaar by LAPA, vertaal na As ek val deur Lydia du Plessis:

Kara is sewentien jaar oud en besig om dood te gaan.
    Ten spyte daarvan dat sy vier jaar lank chemoterapie gekry het.
    Sy is keelvol vir hospitaalbesoeke, eindelose mediese toetse, en medisyne wat ’n mens se liggaam vernietig.
    Saam met haar beste vriendin, Nicky, maak sy ’n lys van dinge wat sy wil doen voor sy doodgaan. Nommer een op haar lysie is seks.
    Noudat sy nie meer aan bande gelê word deur die dinge wat ’n mens se lewe “normaal” maak nie, eksperimenteer Kara met nuwe ervarings wat haar help om voluit te lewe terwyl haar liggaam stadig maar seker afgetakel word.
    Kara se gevoelens, haar verhouding met haar pa en haar broer, haar vervreemde ma, haar beste vriendin, en haar nuwe kêrel kry pynlik gestalte in die paar kosbare weke voordat die uurglas leegloop.
    ’n Onvergeetlike boek.

Hierdie hartroerende jeugroman is onlangs deur die BBC verfilm as Now is Good, met Dakota Fanning in die hoofrol, en het wêreldwyd lof en toekennings ingepalm, waaronder:

* Publishers Weekly se beste kinderboek van die jaar
* Booklist Editors’ Choice
* Book Sense Children’s Pick
* Kirkus Reviews se redakteurskeuse
* Publishers Weekly se Flying Start Author
* ALA-YALSA se toptien beste boeke vir jong volwassenes

Oor die outeur

Jenny Downham is ’n Britse skrywer en voormalige aktrise. Sy is die skrywer van twee boeke, Before I Die en You Against Me.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment