Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Rachelle Greeff oor die reaksie op Rondomskrik: “Alles wat almal sê, maak my skaam en hartseer en bly”

SpoorvatDie naaimasjienRachelle Greeff, outeur van Die naaimasjien en bydraer tot Spoorvat, se toneelstuk Rondomskrik het vanjaar die ATKV-Woordveertjie vir Beste Dramateks ontvang. Riette Rust het na die toekenningsgeleentheid ‘n paar vrae aan haar gestel om uit te vind waarom dramas as genre “so aan die agterspeen” suig.

“Onder elke derde boom is ’n kunsfees, met meer bierbottels en boepensborde as grensverskuiwende kuns, maar mét teater. Baie. Van die konsert- tot gimtrim-jou-grysstof soort. Daar’s borge en daar’s boude op sitplekke. Agterspeen, nee. Uitgewers is traag om toneelstukke te publiseer omdat die lesersmark te klein is vir wins. Dít smaak agterspenig,” sê Greeff.

Die dramaturg het ook gesels oor die agtergrond van hierdie toneelstuk, die gehoor en beoordelaars se reaksie daarop en Hennie van Greunen se rol daarin.

Lees die artikel:

Wat is die aangrypendste reaksie wat jy al van ’n teaterganger gekry het?

Alles wat almal sê, maak my skaam en hartseer en bly. Ek bedoel, is dit nie genoeg dat mense geld uitgee en gelipstif in die kar klim en ry en parkeerplek soek en hul selfoon afsit en na jou play kom kyk nie?

Van Greunen sê hy hoop dat mense die stuk, soos met Die Naaimasjien, nog lank sal wil sien en dat die boodskap daarvan by gemeenskappe sal uitkom waar dit die nodigste is. Maar hy sê ook hy hoop daar kom ’n dag wanneer die toneelstuk sy relevansie verloor. Jou kommentaar. Hennie maak 99,9% van die tyd sin. I go with that.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment