Irma Joubert ontvang hoogste lof van TuksAlumni

Regter William de Villiers, die voorsitter van die TuksAlumni-raad, het bekend gemaak dat Irma Joubert op Vrydag 21 November 2014 vereer sal word met ’n TuksAlumni Laureaattoekening 2014. Dit is die hoogste toekenning wat deur Alumni van die Universiteit van Pretoria gemaak kan word.
Ontvangers van die TuksAlumni Laureaattoekening kry ’n brons kunswerk, gemonteer op swart graniet. Dié kunswerk is ontwerp en gegiet deur Angus van Zyl Taylor, ook ’n Oud-Tukkie.
Joubert is tans in Nederland as deel van die “de Week van de Afrikaanse roman” wat deur Ingrid Glorie gereël word.
Dit is die tweede groot eer wat Irma Joubert te beurt val in 2014. Sy is naamlik vroeër vanjaar in Nederland bekroon met die Publieksprijs Christelijk Boek 2014 in die kategorie vertaalde fiksie.
Irma Joubert is gebore en getoë in die Bosveld (Nylstroom) en het aan die Universiteit van Pretoria studeer. Sy het vir 35 jaar onderwys gegee (Afrikaans en Geskiedenis vir senior sekondêre leerders) voordat sy einde 2004 afgetree en begin skryf het. Sy het ook as vryskut-joernalis verskeie artikels en kortverhale in tydskrifte gepubliseer. In 2005 is sy aangewys as Media24 se “Spesialisjoernalis van die Jaar” en was ’n Mondi-finalis.
Irma Joubert skryf historiese romans, want geskiedenis is haar passie. Haar bekendste boeke is Verbode drif, Ver wink die Suiderkruis, Tussen stasies en Tolbos, asook die trilogie Anderkant Pontenilo, Pérsomi en Kronkelpad wat by NB verskyn het.
In 2008 was Joubert ’n finalis in die ATKV-Woordveertjieprys vir Prosa met Tussen stasies, en in 2010 wen Anderkant Pontenilo die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans. Sy was ook finalis in die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans met Kronkelpad in 2011.
Sy is al meer as 40 jaar lank getroud met Jan en woon in Bloemfontein. Hulle het drie volwasse seuns, ’n skoondogter, ’n pleegdogter en drie kleinkinders.
Ná hulle aftrede, reis Irma en Jan baie, veral met hulle 4×4 die boendoes in. Die skootrekenaar en ’n sonpaneel reis saam.
Die outeur is tans in Nederland, maar sal binnekort beskikbaar wees vir onderhoude, kontak gerus vir Izak de Vries om ’n onderhoud te reël.
Boekbesonderhede
- Tolbos deur Irma Joubert
EAN: 9780799364033
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Ver wink die Suiderkruis deur Irma Joubert
Boek se tuisblad
EAN: 9780799364040
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Tussen stasies deur Irma Joubert
Boek se tuisblad
EAN: 9780799364057
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Kronkelpad deur Irma Joubert
Boek se tuisblad
EAN: 9780624053873
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Tuiskoms: Stories oor die liefde deur Irma Joubert
Boek se tuisblad
EAN: 9780624052791
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Pérsomi: Kind van die brakrant deur Irma Joubert
Boek se tuisblad
EAN: 9780624049340
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
- Anderkant Pontenilo deur Irma Joubert
Boek se tuisblad
EAN: 9780624047018
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Foto deur Izak de Vries
Please register or log in to comment