Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Breytenbach Kultuursentrum bied Rachelle Greeff-skryfskool aan

Die naaimasjienRachelle Greeff, outeur van Die naaimasjien, bied vanaf Junie 2014 ‘n kursus aan in die skryf van kort prosa of drama by die Breytenbach Kultuursentrum in Wellington. Diegene wat nie in die omgewing woon nie kan gerus voel met die wete dat dié kursus grotendeels deur middel van e-pos kommunikasie geskied, met slegs een ontmoeting per maand by die sentrum self (die skryfskool duur ses maande).

Voornemende kursusgangers moet ’n kort motivering van 200 woorde (maksimum) teen 30 Mei 2014 aan Theo Kemp stuur na theokemp@breytenbachsentrum.co.za waarin hul moet verduidelik waarom hul die kursus wil volg. Vir meer inligting laai die inligtingsdokument van die kultuursentrum se webtuiste af, of skakel Kemp direk by 021 873 2786.

Die kursus word aangebied vir voornemende kortverhaalskrywers of dramaturge. Die
kursusganger moet die keuse aandui met inskrywing.

Die kursus duur 6 maande – vanaf Junie tot einde November 2014.

Die kursus sal bestaan uit een maandelikse werkswinkel, wat sal plaasvind op die eerste
Vrydag (vanaf 15:00) en Saterdag (volle dag) van die maand. Indien hierdie tye aangepas
word, sal dit met die groep ooreengekom word. Hierdie werkswinkels sal bestaan uit
groepsessies waartydens verskeie kreatiewe skryfoefeninge en gesprekke sal plaasvind.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment