Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Pale toe! met Wim van der Berg: Neusie verby vir OP Kings

Hou by die BlouTrue to the BlueWim van der Berg is ‘n gesoute sportskrywer en uitvoerende redakteur van die Blou Bulle se amptelike aanhangerstydskrif, Blou. Sy boek oor die geskiedenis van 75 jaar van die Blou Bulle Rugbyunie, Hou by die Blou, het onlangs by LAPA verskyn.

Van der Berg skryf gereeld vir Maroela Media se Pale toe!-afdeling waar hy die jongste rugbynuus uitlê en die naweek se uitslae deel. In sy jongste artikel bespreek hy die vyf spanne wat tans “om die vier plekke in die kwarteindstryd van die Vodacombekerreeks spook” en noem dat dit “neusie verby” is vir die OP Kings. Lees sy artikel:

In die Noord-afdeling, oor die jare die afdeling met die meeste diepte, is daar nog vyf spanne wat om die vier plekke in die kwarteindstryd van die Vodacombekerreeks spook.

Die Goue Leeus is toe, en nie heeltemal onverwags nie, in die taai stryd op Kimberley 33-18 deur Griekwas getroef en skuif af vyfde plek toe.

Met rustyd was die skrif aan die muur. Met `n agterstand van 6-24 het die Goue Leeus toe effens wakker geskrik, albei hul drieë gedruk en die tweede helfte “gewen”.

Dit was seker die uitsoek-wedstryd van die naweek, soos verwag is. Griekwas se heelagter, Gouws Prinsloo, se skopwerk was in die kol en hy het 18 punte aangeteken.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment