Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Lizz Meiring: Ek salueer al die melktertbaksters in die wêreld

In die kolligBoerekosOp 27 Februarie het Suid-Afrikaners Nasionale Melktertdag gevier deur te smul aan hul gunstelingnagereg. Lizz Meiring, bekende aktrise en outeur van In die kollig: Speeltekste vir dramaleerders, het met Maroela Media gesels oor hierdie lipleklekker tema: “Ek salueer al die melktertbaksters in die wêreld.” Sy noem dat haar gunstelingresep deur haar ouma geskep is en dat sy onthou dat daar altyd ‘n skilferkors by dié gebak was.

Maroela Media het ter viering van hierdie spesiale dag ‘n kompetisie geloods waar die beste melktertresep ‘n kopie van Cecile Kemp se Boerekos kan wen. Om in aanmerking te kom hiervoor hoef jy eenvoudig net jou gunstelingresep in die kommentaargedeelte op hul Facebook-inskrywing te plaas, of jy kan ‘n e-pos stuur na maroela@maroelamedia.co.za.

Melktert is so Afrikaans soos koeksisters, braaivleis, biltong en droëwors, en nou is daar boonop jaarliks ʼn Nasionale Melktertdag op 27 Februarie.

ʼn Facebook-blad is spesiaal vir dié geleentheid op die been gebring met foto’s van Nasionale Melktertdag wat al van 2013 gevier word.

Elzabé Zietsman het aan Maroela Media gesê sy dink nie ʼn mens kan in Suid-Afrika gebore wees en nie lief wees vir melktert nie. “Tensy daar êrens ʼn geweldige skroef by jou los is of tensy jy ʼn geweldige allergie vir melk het,” sê sy. “Soos die meeste ander mense in Suid-Afrika het ek nogal ʼn groot liefde vir ʼn melktertjie.” Sy het nie ʼn spesifieke of grand melktertresep nie. “Ek bak vir hom reguit uit die Kook en Geniet. Hoekom wil jy nou gaan peuter aan iets wat klaar reg is?”

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment