Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Dramaklas-idees in Lizz Meiring se nuwe boek, In die kollig: Speeltekste vir dramaleerders

In die kolligLizz Meiring se spesiale versameling verhoogtekste, In die kollig: Speeltekste vir dramaleerders, verskyn eersdaags by LAPA:

As jy op soek is na ’n nommerpas teks om by die eisteddfod voor te dra, ’n stuk om vir jou volgende dramaklas voor te berei, of jou eie prettige eenmanvertoning of toneelstuk op die planke wil bring, is hierdie die perfekte boek vir jou! Die veteraanaktrise Lizz Meiring se nuwe bundel met 33 verhoogtekste is geskik vir die klaskamer, eisteddfods, dramaklasse en skoolopvoerings.

Oor die outeur

Lizz Meiring het geen bekendstelling nodig nie. Dié bekroonde aktrise, media- en televisiepersoonlikheid en skrywer het op agt reeds die kollig betree en is bekend as een van die veelsydigste kunstenaars in die plaaslike vermaakbedryf. Die verskeidenheid projekte wat sy aanpak, asook die feit dat sy soms aan tot ses produksies gelyk werk, het aan haar die bynaam Bizzie Lizzie besorg.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment