Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Vier 75 jaar van die Blou Bulle met Wim van den Berg se Hou by die Blou

Hou by die BlouTrue to the BlueLAPA Uitgewers gee met trots Hou by die Blou: 75 Jaar van die Blou Bulle Rugbyunie uit:

Die Blou Bulle Rugbyunie en sy spanne het oor die eerste 75 jaar sedert die afstigting van die Transvaalse Rugbyvoetbalunie in 1938 gevestig as leier op die veld en in die raadsale. Die Bulls franchise het in dié voetspore gevolg en is die enigste Suid-Afrikaanse span wat die Superrugbykompetisie gewen het – en het die sommer drie keer reggekry!

Hou by die Blou is die verhaal van die besonderse 75 jaar, met sy vreugde en frustrasies. Die boek, wat goed geïllustreer is en heelwat statistiek bevat, beskryf die vroeë rugbydae in Pretoria.

Dis die verhaal van legendes op die vel wat grotes soos Victor Matfield, Naas Botha, Frik du Preez en Bryan Habana insluit; van die administrateurs; van die prestasies van mense soos die president Fritz Eloff en afrigters Buurman van Zyl, Heyneke Meyer, John Williams en Frans Ludeke, en van die personeel en komitees wat onbaatsugtig gewerk het en die toeskouers wat hulle span deur dik en dun bygestaan het.

Hierdie is die amptelike 75 jaar verjaarsdagvieringboek wat deur die Unie onderskryf word.

Ook beskikbaar in Engels as True to the Blue

Oor die outeur

Wim van der Berg is die besturende redakteur van BLOU, die amptelike tydskrif van die Bulls en die Blou Bulle. Hy is ’n deurwinterde skrywer wat seders 1969 vele bydraes tot koerante en tydskrifte gemaak het en baie ure op Loftus Versfeld deurgebring het waar hy legendes van klubs, provinsies en internasionale spanne sien speel het.

Hou by die Blou is Wim se sewende rugbyboek en sy derde oor Noord-Transvaal-/Blou Bulle-rugby. Hy is ’n rugbyman in murg en been wat tot op 57 gespeel het; was ’n senior klubskeidsregter, het klubrugby op eersteliga-vlak afgerig; het op verskeie klubkomitees gedien, en was bestuurder en afrigter van provinsiale sewesspanne.

Book details

 

Please register or log in to comment