Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

TV-première van Carina Diedericks-Hugo se Thomas@-reeks gevier (Plus: Video)

Bekendstelling van die Thomas@-reeks op kykNET

 
Jeugromanskrywer Carina Diedericks-Hugo se gewilde Thomas@-reeks is nou op TV! Elke Dinsdagaand om 19:30 kan aanhangers op KykNET inskakel om ’n nuwe Thomas@-avontuur te beleef.

Gisteraand het vriende en gretige lesers by die Schwarma & Pizza Cafe by die Tyger Waterfront bymekaargekom om die eerste episode se uitsending te vier. In dié episode moet Thomas (vertolk deur Johan Anker) en sy boesemvriende ’n dief vastrek. Bekende gesigte wat in die reeks te sien is, is onder andere Paul Loots (van Roepman-faam), Morné Visser, Christel van den Bergh, Eric Nobbs, Joanie Combrink en Albert Maritz.

Thomas@aksie.netThomas@geraamte.netThomas@sms.netThomas@moord.netThomas@skerpioen.net
Thomas@aqua.netThomas@nagmerrie.netThomas@rock-ster.net

 

Diedericks-Hugo het in ’n toespraak op die aand vertel dat dit vir haar onwerklik gevoel het toe sy die eerste maal op die TV-stel gaan kuier het en dat sy baie uit die ervaring geleer het. Sy was betrokke by die skryf van sommige episodes, maar Henriëtta Gryffenberg was die eerste reeks se hoofskrywer. Diedericks-Hugo het saam met Kobus Geldenhuys as hoofskrywers van reeks twee ingetree. Jozua Malherbe (Wolwedans in die Skemer) het die eerste reeks se regie behartig en reeks nommer twee het vir Jaco Smit aan die stuur.

Johan Anker het in ’n TV-onderhoud met Kwêla vertel hoe hy ná ’n reeks oudisies die rol van Thomas losgeslaan het. Sy ouers en sibbe gesels ook oor die ster in die huis.


Volgens LAPA Uitgewers, wat Thomas se avonture in boekvorm publiseer, is meer as 150 000 eksemplare van die agt titels in die Thomas@-reeks reeds verkoop.

Kyk hier na ’n voorskou van die reeks:

YouTube Preview Image
*****

Facebook galery

Boekbesonderhede

e-Boek opsies – Laai nou af!!


e-Boek opsies – Laai nou af!!


e-Boek opsies – Laai nou af!!


e-Boek opsies – Laai nou af!!


e-Boek opsies – Laai nou af!!


e-Boek opsies – Laai nou af!!


e-Boek opsies – Laai nou af!!


 

Please register or log in to comment