Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Nerine Ahlers en Alet Steenkamp se trefferreeks vir tienermeisies heruitgegee

Selfone, skelms en sjokolade

 
Selfone, skelms en sjokoladeLindie en haar maats se skooltermyn skop af met allerhande probleme. Wie is die twee geheimsinnige mans wat agter Lindie en Talita aan is – en wat wil hulle hê?

En dan is daar nog Gina se katastrofiese nuwe haarstyl, Matrone wat ’n sjampanjebottel ontdek het en vasbeslote is om die skuldiges uit te snuffel, en die aantreklike Diaan met die kuiltjies wat Lindie se bene lam maak…

* * * * * * * *
Seesand, sonbrille en smokkelaars

 
Seesand,sonbrille en smokkelaarsLindie-hulle kan nie wag om op Seesterbaai te gaan vakansie hou nie. Vyf dae van sand, see, son … en daar aangekom, ontmoet hulle boonop twee sexy lewensredders!

Maar alles is nie pluis op Seesterbaai nie – iemand is met skelmstreke besig wat Lindie-hulle in groot moeilikheid kan laat beland …

Oor die outeurs

Nerine Ahlers en Alet Steenkamp het begin saamskryf toe hulle besef het dat daar nie genoeg lekker tienermeisieboeke op die mark is nie. Steenkamp woon in Pretoria saam met haar man Nic, haar seuntjie Adriaan en tienerdogter, Christine. Sy is mal oor diere. Sy het vier katte en vier honde en sal enige tyd nog katte wil hê. Ahlers woon ook in Pretoria saam met haar man en twee dogters. Hulle het twee honde, ’n semi-Boerboel en ’n Maltees.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment