Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Marga Jonker se Wat is jy Kartoffel? deur Namibiese Kinderboekforum bekroon

Wat is jy, Kartoffel?’n Prenteboek deur die skrywer Marga Jonker en die illustreerder Alzette Prins is onlangs deur die Namibiese Kinderboekforum bekroon. Wat is jy Kartoffel?, ’n prettige storie oor ’n jong strandwolfie wat ’n paar verskillende diere teëkom en moet verduidelik watter soort dier hy nou eintlik is, het met die medalje in die prenteboekkategorie weggestap. Boeke wat buite Namibië gepubliseer is, het ook vir die pryse in aanmerking gekom, mits dit ’n Nambiese tema het en in een van die inheemse tale geskryf is.

Die swierige bekroningsgeleentheid het op 27 Oktober plaasgevind en is onder meer bygewoon deur die voormalige eersteministersvrou me. Kovambo Nujamo, wat ook die beskermvrou van die Kinderboekforum is. Professor Andree-Jeanne Tötemeyer, voorsitter van die Nambiese Kinderboekforum, het tydens die oorhandiging gesê daar was die afgelope paar jaar byna geen kinderboekpublikasies in kleiner inheemse tale in Nambië nie. Die insluiting van skoolleesboeke het egter meegebring dat meer boeke vir die toekennings oorweeg kon word.

Die doel van die Kinderboekforum is om ’n leeskultuur en ’n liefde vir lees by Namibiese kinders te kweek en die produksie van gehaltekinderboeke in alle Nambiese tale aan te moedig.

Wat is jy Kartoffel? is deur LAPA-uitgewers gepubliseer.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment