Leeskringseminaar: Antjie Krog gesels met Ingrid vander Veken oor die vertaling van Sam
Die noue band tussen Afrikaans en Nederlands is by LAPA se Leeskringseminaar 2012 belig toe Irma Joubert en die Vlaamse skrywer Ingrid vander Veken gister oor die vertaling van hul boeke in onderskeidelik Nederlands en Afrikaans gesels het.
Chanette Paul het ook haar Maanschijnbaai-tweeluik by die geleentheid by die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederlands en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands bekendgestel.
(Kyk uit vir die berigte oor Joubert en Paul se gesprekke op LAPA se blog op Books LIVE en lees die verslag van Vander Veken se praatjie hieronder.)
~ ~ ~ ~ ~
Sam: ‘n Ware verhaal van ‘n dogtertjie en haar olifant is gegrond op die ware verhaal van ‘n Franse dogtertjie met die naam Marthe wat in die negentiende eeu saam met haar ouers na China verhuis het. Daar het sy ‘n baba-olifant vir haar agste verjaarsdag gekry. Toe hulle na Frankryk moes terugkeer, was Marthe so geheg aan die olifant, Sam, dat sy hom saamgeneem het.
Vander Veken het hierdie wonderlike verhaal en die wêreld van negentiende eeuse China en Frankryk aan Belgiese kindertjies geopenbaar. Nou, te danke aan Antjie Krog se vertaling, kan Afrikaanse kinders die storie ook geniet.
In gesprek met Krog by LAPA se Leeskringseminaar het Vander Veken gesê dat Marthe se kleindogter oorspronklik vir haar van die dogtertjie en haar olifant vertel het. “Sekere dele van haar verhaal het regtig onwerklik geklink, soos dat die olifant in Marthe se pa se motor geklim het!”
Iemand het egter vir Vander Veken gesê dit kan beslis waar wees. “‘n Mens weet nie tot wat olifante alles instaat is nie. Hulle is uiters slim en vindingryk.” In een van Marjorie van Heerden se oulike illustrasies in die boek word die olifantjie ewe kordaat in die oopkapmotor uitgebeeld.
Afgesien van die besonderhede wat Marthe se kleindogter met haar gedeel het, moes Vander Veken ook heelwat navorsing doen. “Ek was voorheen ‘n joernalis en jy weet mos, joernaliste wil altyd hê alles moet klop.”
Vander Veken het gelees oor die leefwyse in Frankryk en China in die negentiende eeu. Sy het ‘n rolprent gekyk oor ‘n dogtertjie wat in ‘n wildtuin saam met haar ouers bly en die bewegings van die kind saam met die olifant bestudeer. Sy het ook self van naderby met olifante kennis gemaak. “En nou het ek ‘n groot liefde vir olifante ontwikkel.”
Een van die interessante en skokkende feite waarop sy afgekom het, was dat daar in daardie tyd in Frankryk ‘n dieretuin was waar nie net eksotiese diere tentoongestel is nie, maar ook mense. “Mense van die Kongo, pigmeë en eskimo’s was byvoorbeeld daar te sien. Ek vind dit erg ontstellend.”
Vander Veken het ook afgekom op vele ander storietjies oor olifante uit verskeie wêrelddele. Hierdie verhaaltjies is in die boek geïnkorporeer en sluit onder meer ‘n storie uit Suid-Afrika in.
Uiteindelik moes Vander Veken al haar navorsing op só ‘n manier aanwend om ‘n storie te skep wat kinders sal aangryp. Om dít reg te kry, dink sy haar in die leefwêreld van ‘n kind in, sê sy.
“Ek lees ook graag vir kinders voor en dis wonderlik om hul reaksies dop te hou. Hulle is so eerlik en sal dit onmiddellik laat blyk as hulle van iets hou of nie.”
Toe Krog gedeeltes uit Sam: ‘n Ware verhaal van ‘n dogtertjie en haar olifant aan die gaste by die Leeskringseminaar voorgelees het, het dié volwassenes soos verwonderde kinders aan haar lippe gehang. Hoeveel te meer sal klein oortjies nie die storie van Marthe en haar olifantjie Sam geniet nie?
Kyk die video van Krog se voorlesing:

- Laai dit nie? Kyk op YouTube
Carolyn Meads het regstreeks vanaf die Leeskringseminaar met #livebooks getwiet:
Nanette v Rooyen open
@lapauitgewers se Leeskringseminaar by@sasnevza#livebooks— Carolyn Meads (@carolynmeads) August 21, 2012
Die Vlaamse skrywer Ingrid vander Veken word bekendgestel
#livebooks— Carolyn Meads (@carolynmeads) August 21, 2012
Foto: Nanette v Rooyen, Ingrid vd Veken en Antjie Krog by
@lapauitgewers se Leeskringseminaar#livebooks twitter.com/carolynmeads/s…— Carolyn Meads (@carolynmeads) August 21, 2012
Krog vra hoe Vander Veken hierdie ou China akkuraat weergegee het & toeganklik aan kinders maak
#livebooks— Carolyn Meads (@carolynmeads) August 21, 2012
Vander Veken: Ek het baie navorsing gedoen.As joernalis wil jy he dinge moet klop.Navorsing oor China & Frankryk in daardie era
#livebooks— Carolyn Meads (@carolynmeads) August 21, 2012
Krog vra hoe Vander Veken haar in die denkwereld van ‘n kind indink
#livebooks— Carolyn Meads (@carolynmeads) August 21, 2012
Vander Veken: Lees wel voor vir kinders, maar doen dit nou meer as toe boek geskryf het.Wonderlik om te sien hoe kinders reageer
#livebooks— Carolyn Meads (@carolynmeads) August 21, 2012
Vander Veken: Die kleindogter v Marthe wat die dogtertjie in die boek is, het my vertel dat die olifant in die motor geklim het!
#livebooks— Carolyn Meads (@carolynmeads) August 21, 2012
Vander Veken: Gewonder of dit moontlik is. Iemand se vir my: “Absoluut, jy weet nie tot wat olifante instaat is nie!”
#livebooks— Carolyn Meads (@carolynmeads) August 21, 2012
Die illustrasies v Sam is deur SA illustreerder Marjorie v Heerden gedoen
#livebooks— Carolyn Meads (@carolynmeads) August 21, 2012
Oorspronklike illustrasies het meer gesuggereer as wat werklik uitgebeeld het.Van Heerden beeld China &Frankryk v 19de eeu duidelik uit.
— Carolyn Meads (@carolynmeads) August 21, 2012
Daar is ook verskeie ander storietjies oor olifante in boek uit verskillende werelddele, ook SA
#livebooks— Carolyn Meads (@carolynmeads) August 21, 2012
Olifant word na Frankryk geneem. Vander Veken beskryf ‘n dieretuin waar daar nie net eksotiese diere aangehou is nie…
#livebooks— Carolyn Meads (@carolynmeads) August 21, 2012
…daar is ook mense van ander werelddele soos mense van Afrika, pigmees en eskimo’s aangehou. “Ek het dit baie skokkend gevind”
#livebooks— Carolyn Meads (@carolynmeads) August 21, 2012
Facebook-galery
Boekbesonderhede
- Sam: ‘n Ware verhaal van ‘n dogtertjie en haar olifant deur Ingrid vander Veken, vertaal deur Antjie Krog
Boek se tuisblad
EAN: 9780799349771
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment