Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

LAPA-uitgewers se toekomsplanne onthul (Plus: Hoofkarakter-soektog met Leon van Nierop)

Leon van Nierop

 
Die boekbedryf het oor die afgelope paar jaar radikaal verander, maar LAPA-uitgewers is gereed om die digitale era met ope arms te verwelkom.

“Wat nooit sal verander nie is LAPA se lesergesentreerde benadering,” het Miemie du Plessis, bestuurder: kinder- en jeugboeke, gisteraand tydens ‘n glansgeleentheid by die One & Only hotel in Kaapstad gesê. LAPA-uitgewers se skrywers en medewerkers en lede van die media is na die geleentheid uitgenooi om te hoor wat LAPA vir die toekoms beplan. LAPA se nuwe webtuiste, met moontlikhede vir die gebruik van potgooie, video’s en dies meer, is ook bekendgestel. Gaan loer gerus:

My Eerste WoordeboekSoos sommige ander uitgewers is LAPA se boeke reeds as e-boeke beskikbaar by verskeie aanlynwinkels soos Exclusive Books, Kalahari en Little White Bakkie.

LAPA is egter ook op die voorpunt van die nuutste ontwikkelings in iPad-toepassings of “apps”. ‘n iPad-toepassing, “My eerste 100 woorde”, gebaseer op die boek My eerste woordeboek, sal binnekort vrygestel word. Dit sal in Afrikaans, Engels, Xhosa en Zoeloe gebruik kan word en kinders sal onder meer op kleurryke illustrasies kan klik en die woorde lees, terwyl ‘n stem dit in verskillende tale voorlees. Die klassieke verhaal Die drie varkies sal ook in ‘n “app” omskep word met animasie, musiek en interaktiewe elemente.

LAPA het reeds verlede jaar gewys dat hulle innoverend dink oor die gebruik van interaktiewe elemente toe Carina Diedericks-Hugo se boek, Thomas@rock-ster.net ‘n Pendoring gewen het in die kategorie “Geïntegreerde veldtogte”. Die boek maak van QR-kodes gebruik wat lesers lei na ’n Thomas@rock-ster.net webtuiste waar jy kan luister na die band se liedjie en ’n videospeletjie kan speel, asook ’n Mxit-kanaal wat spesiaal vir die boek geskep is. Du Plessis het verklap dat die Thomas@-reeks ook binnekort in ‘n televisiereeks vir KykNET omskep gaan word.

LAPA weet hoe om hul lesers betrokke te kry. Dít doen hulle ook met die Lekkerlit-kompetisie wat nou al in sy vyfde maand is. LAPA wys ‘n Lekkerlit-boek van die maand aan en dan kan lesers R1000 wen as hulle ‘n vraag oor die bepaalde boek korrek beantwoord. In Desember sal lesers vir hul gunsteling uit al tien boeke kan stem. Die Lekkerlit-boek van die jaar sal gekies word en een gelukkige leser gaan R10 000 in die sak steek!

InsomniaDie groot nuus wat gisteraand bekendgemaak is, is dat LAPA ‘n nuwe interaktiewe kompetisie in samewerking met Leon van Nierop beplan. Dit word die LAPA-Hoofkarakter-Soektog genoem.

Van Nierop was gisteraand by die One & Only hotel om die kompetisie bekend te stel. Hy het verduidelik dat daar vanaf 15 Junie tot 30 Julie twintig leidrade op Facebook en LAPA se splinternuwe webwerf geplaas gaan word. Deelnemers aan die LAPA-Hoofkarakter-Soektog moet elkeen van hierdie leidrade oplos en die geheim van ’n misterieuse plastiese sjirurg ontrafel om ‘n kans te staan om die plek as die nuwe hoofkarakter in sy nuwe boek, Snydokter, te wen!

Van Nierop vertel meer oor die kompetisie in die volgende video:

YouTube Preview Image
~ ~ ~

Carolyn Meads het regstreeks vanaf die geleentheid met #livebooks getwiet:

~ ~ ~

Persverklaring

Twee maande, 20 raaisels en slegs een wenner. LAPA Uitgewers in samewerking met Leon van Nierop, skrywer van Wolwedans in die skemer, Ballade vir ’n enkeling en meer as 28 romans, waarvan Insomnia in Junie verskyn het, bied vir jou ’n interaktiewe boekervaring – anders as enige iets wat jy al ooit beleef het. Ons noem dit: die LAPA-Hoofkarakter-Soektog.

Vanaf 15 Junie 2012 tot 30 Julie 2012 word daar 20 leidrade in die LAPA-Hoofkarakter-Soektog op facebook en LAPA se splinternuwe webwerf (www.lapa.co.za) beskikbaar gestel. Deelnemers los elkeen van hierdie leidrade op, ontrafel die geheim van ’n misterieuse plastiese sjirurg, en wen die plek as die nuwe hoofkarakter in Leon se nuwe boek!

“Ek is tans besig om my nuutste roman, Snydokter, te skryf. Ek het reeds die storielyn uitgedink, die kinkels uitgewerk en die bykarakters geskep, maar ek kort nog een belangrike element: die hoofkarakter – en dis waar deelnemers aan die LAPA-Hoofkarakter-Soektog inkom.

“Ek gaan die wenner vat, die karakter soos wat hy/sy is, ’n paar fiktiewe elemente byvoeg, soos die feit dat die wenner dalk in sy/haar af tyd ’n ondersoekende joernalis is, en die deelnemer in my boek inskryf. Die wenner van die kompetisie moet oor sekere kwaliteite beskik. Ek soek iemand wat die vermoë het om raaisels op te los, leidrade op te volg en in ’n gegewe saak deeglike ondersoek in te stel.”

Om aan die opwindende LAPA-Hoofkarakter-Soektog deel te neem, gaan op LAPA se webwerf, kliek op die LAPA- Hoofkarakter-banier en volg die instruksies. Oor die volgende twee maande sal jy 20 leidrade ontvang. Jy gaan deur ’n paar fiktiewe karakters se facebook-profiele moet sif, na geheime klankopnames moet luister, versteekte inligting op LAPA se nuwe webwerf moet uitsnuffel en ’n hele reeks ander opwindende leidrade moet oplos.

LAPA Uitgewers beoog om die spanningsroman, Snydokter, teen die einde van 2012 te publiseer. Die inligting wat deur die leidrade en kompetisie weergegee word, sal die voorstorie tot die werklike boek vorm.

Einde

Boekbesonderhede

eBook options – Download now!


 

Please register or log in to comment