Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Junie se Lekkerlit-boek van die maand: Tussen middernag en dagbreek deur Japie Bogaards

Tussen middernag en dagbreekLAPA se Lekkerlit-boek vir Junie is onthul: Vandeesmaand kom Japie Bogaards se debuutroman, Tussen middernag en dagbreek, oor die skadulewe van dwelms en geweld, aan die beurt.

Sedert Februarie vanjaar het LAPA elke maand ‘n Lekkerlit-boek aangewys en kon lesers R1000 wen as hulle ‘n vraag oor die bepaalde boek korrek beantwoord het. Februarie se Lekkerlit-boek was Die soenoffer deur Isa Konrad, in Maart het Die kamer langsaan deur Annemari Coetser gevolg en daarna Adeline en Lili Radloff se Een stad, drie rooikoppe, sewe dae in April. Verlede maand is die fokus op Deborah Steinmair se Poppekas geplaas. In Junie kan lesers die kans staan om R1000 los te slaan as hulle ‘n vraag oor Tussen middernag en dagbreek beantwoord.

Daar sal nog vyf Lekkerlit-boeke van die maand aangewys word, totdat lesers in Desember vanjaar vir hul gunsteling uit al tien sal kan stem. Die Lekkerlit-boek van die jaar sal gekies word en een gelukkige leser gaan R10 000 in die sak steek!

Daar is drie maniere om vir die kompetisie in te skryf:

Ons hou vir jou duim vas!

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment