Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Leon van Nierop besoek die stel van Wolwedans en ontdek ‘n gelyknamige plek in Namibie

VerklikkerVrouekeur het saam met Leon van Nierop op die stel van die rolprent Wolwedans, wat op sy gelyknamige radiodrama gebaseer is, gaan kuier.

Die fliek word in die hittige Hazyview in Mpumalanga geskiet. Dit is hierdie snikhete atmosfeer wat volgens Van Nierop as inspirasie vir die verhaal gedien het. “Daai hitte broei mos altyd onheil uit,” sê hy.

Geheueverlies, talle geheime, skaduwees en ’n bylmoordenaar. Dís die bestanddele in die resep van ’n goeie riller. Gooi hierby ’n meesterskrywer, ’n talent­volle rolprentspan en akteurs en ’n wolf of twee en jy het ’n fliek wat net die regte hoeveelheid spanning lewer om kykers op die punt van hul stoele te hou.

Dit is met al hierdie gedagtes in my agterkop dat ek op ’n snikhete dag in Hazyview, Mpumalanga, aankom. Die kwik staan op 37 ˚C en die lug is so vogtig, dis amper tasbaar. Die sonbesies verskaf, heel gepas, permanente agtergrondmusiek vir ons besoek aan die stel van Wolwedans in die skemer, wat teen Oktober uitgereik word. Die plantegroei is wild en ruig en groot piesangblare hang oor die rivierklippaadjie tussen die kamers van die Casa do Sol-hotel, waar die rolprent verfilm word.

Het julle geweet daar is ook ‘n plek met die naam Wolwedans? Dit is in ‘n natuurbewaringsgebied in Namibië geleë. Van Nierop is natuurlik deur die naam geprikkel en het daar gaan besoek aflê. Op Wolwedans het hy sebras, jakkalse, blesbokke en springbokke, sowel as Baron von Wolf se Duwisib-kasteel en die luuksheid van die Le Mirage ontdek.

Dit was skemer toe ek op Wolwedans in Namibië stilhou. Die naam het my jare gelede al getrek, veral omdat dit in ’n meer onbekende deel van Namibië geleë is. Geen brosjure of toergids kan jou voorberei op die vista wat jou daar oorrompel nie. Feit is: jy moet bitterlik hard werk om Wolwedans se sjarme te geniet, want die roete tot daar is nie vir sissies nie.

Dit geld eintlik die meeste van Namibië se toeriste-aantreklikhede. Nes die land, val sy rowwe skoonheid nie in jou skoot nie. Jy moet op ver paaie ry, sonblok 30 op elke sensitiewe deel van jou liggaam smeer en die sand uit jou kamera se lens blaas as jy sy hart wil ontdek.

Boekbesonderhede

Foto’s te danke aan YouMeOkay en Beeld

 

Please register or log in to comment