Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Potgooi: Marinda van Zyl gesels oor Wilhelmina Radebe kom tuis

Wilhelmina Radebe kom tuisMarinda van Zyl was al van kleins af, op die plaasskool waar sy onderrig is, ‘n storieverteller. Die ouer kinders is soms ingespan om die jongeres besig te hou en dan het sy hulle met stories, wat sy self geskryf het, vermaak.

Toe sy begin werk en studeer het, was daar nie juis meer tyd om te skryf nie, het Van Zyl op die RSG-program Leesking aan Christelle Webb-Joubert gesê. Maar terwyl sy met haar proefskrif oor swart verstedeliking in Vereeniging besig was, het sy geweet dat sy eendag ‘n boek oor hierdie mense se verhale moes skryf.

Wilhelmina Radebe kom tuis is die historiese roman wat uiteindelik uit hierdie navorsing na vore gekom het. Van Zyl het dit vir Lapa se Romankompetisie 2011 ingeskryf, met die hoop dat dit die kortlys sou haal en gepubliseer word. Sy was aangenaam verras toe haar manuskrip as naaswenner aangewys is.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment