Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Toks van der Linde gesels met Wynand Claassen by die bekendstelling van Kaalvoetklong tot rugbytoks

Toks van der Linde en Wynand Claassen

Wynand ClaassenWynand Claassen: Kaalvoetklong tot rugbytoks is ‘n nostalgiese terugblik op dié oud-Springbok-kaptein se kinderdae en universiteitsloopbaan, toe hy professionele rugby begin speel het. Claassen se droom om ‘n Springbok te word, loop soos ‘n goue draad deur hierdie lewensverhaal.

Só het Claassen gisteraand aan mede-oud-Springbok-rugbyspeler Toks van der Linde gesê by die bekendstelling van sy biografie by die Tyger Waterfront in Kaapstad. Ná verversings op die stoep wat op die Tygermeer uitkyk, het die gaste in Lapa-uitgewers se kantore reggeskuif om na Claassen se staaltjies te luister.

Claassen het oudergewoonte sy ronde brilletjie, in navolging van John Lennon, aangehad. (Dié bril dra Claassen glo omdat Lennon so ‘n groot individualis en denker was, maar nou “nie meer self so ‘n brilletjie kan dra nie”!)

“Enigeen kan hom vereenselwig met drome en die strewe om dit te bewaarheid,” het Claassen soos ‘n wafferse filosofiese Lennon gesê. Daarom glo hy dat Kaalvoetklong tot rugbytoks byval sal vind. Sy droom om in die groen-en-goud uit te draf het begin toe sy pa hom die eerste keer Ellispark toe geneem het om te kyk hoe die Springbokke speel. “In daardie jare was daar nog nie televisie nie en ‘n mens het altyd gehoor van die Springbokke se spel, maar dit was ‘n belewenis om dit self te kan sien.”

Claassen onthou nog hoe hy in std. 5 Doc Craven se handtekening op Coetzenburg gekry het. Dit het ook ‘n groot impak op hom gemaak en hy het amper ‘n Matie geword. Uiteindelik was hy egter ‘n trotse Tukkie, wat groot sports gehad het saam met sy koshuismaat en mede-rugbyspeler Tommie du Plessis. “Jy kan in die boek lees van al die goed wat ons op universiteit aangevang het!”

In die boek beskryf Claassen die gevoel van trots toe hy die eerste keer die trui van die Noord-Transvaalse rugbyspan oor sy kop getrek het. Maar daar was ook baie teenkanting van sy professore oor sy professionele rugbyloopbaan wat kwansuis met sy studies in Argitektuur ingemeng het. Die geleentheid om in die vroeë 80′s vir die Springbokke uit te draf, het alles egter die moeite werd gemaak.

Hierdie biografie verskil van Claassen se vorige een, More than just rugby, wat in 1985 verskyn het, aangesien Wynand Claassen: Kaalvoetklong tot rugbytoks ‘n intiemer blik op die “mens agter die rugbyspeler” bied. Dit eindig by sy ervaringe as jong professionele rugbyspeler is sy 20′s. “Want die res is eintlik algemene geskiedenis,” sê Claassen, “of is reeds in die vorige boek vertel”.

Maar Wynand Claassen: Kaalvoetklong tot rugbytoks is nie net Claassen se verhaal nie. Persoonlike vertellinge oor ander rugbyspelers van sy tyd is ook by die boek ingewerk. “Met die skryf van hierdie boek het ek gevoel asof ek drie of vier lewens geleef het, want ek het saam met al die rugbypêlle al die stories herleef.” Dit is al hierdie lekker stories wat Claassen nou met lesers in sy biografie deel.

* * * * * * * *

Carolyn Meads het regstreeks vanaf die bekendstelling getwiet met #livebooks:


Toks v d Linde gaan met Wynand Claassen in gesprek tree oor sy biografie #livebooks http://t.co/62pkKPRyTue Jan 31 16:53:53 via Twitter for BlackBerry®


Toks vra vir Wynand hoekom hy die ronde brilletjie dra. Hy se dis soos John Lennon s’n – ‘n denker en ‘anders’ #livebooksTue Jan 31 16:56:18 via Twitter for iPad


Wynand se die titel kom van kinderdae toe alles kaalvoet gedoen het tot droom van rugbyspeel waar geword het. #livebooksTue Jan 31 16:57:57 via Twitter for iPad


Claassen: die droom kom van die eerste keer wat hy die Springbokke op Ellispark gesien het.Daardie dae was daar nog nie TV nie. #livebooksTue Jan 31 16:59:31 via Twitter for iPad


Claassen was losskakel tot std 5. In std 6 word in slotposisie geplaas. Bruin skrumpet met tennis shoe shine wit gemaak #livebooksTue Jan 31 17:01:21 via Twitter for iPad


By Tukkies het Claassen agsteman geword en gebly. Hy is ‘n baie trotse Tukkie. #livebooksTue Jan 31 17:02:25 via Twitter for iPad


Claassen vertel in die boek van al die dinge wat hulle aangevang het vanaf laerskool. #livebooksTue Jan 31 17:12:51 via Twitter for iPad


Claassen se eerste rugbywedstryd in laerskool en 1ste ‘kys’ is ook in Kaalvoetklong tot Rugbytoks #livebooksTue Jan 31 17:14:28 via Twitter for iPad


Grootgeword met Noord- Transvaal en Natal rugby. Groot oomblik om Noord-Transvaal trui aan te trek #livebooksTue Jan 31 17:09:35 via Twitter for iPad


Claassen: Enige mens kan vereenselwig met drome en die strewe om dit te bewaarheid. Dis hoekom mense bv Huisgenoot lees. #livebooksTue Jan 31 17:21:24 via Twitter for iPad


Op daardie noot kom die gesprek tot ‘n einde. Claassen gaan nou boeke teken. #livebooksTue Jan 31 17:23:53 via Twitter for iPad

* * * * * * * *

Facebook galery

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment