Heruitgawe van Fleur, die laaste boek in Chanette Paul se reeks oor die Davel-vroue
Fleur is die laaste boek in Chanette Paul se gewilde reeks oor die Davel-vroue, wat nou met ‘n nuwe omslagontwerp heruitgegee word. Lapa het sedert verlede jaar al die die boeke in die reeks splinternuut uitgegee. Lees hulle almal!
Fleur het die wynplaas, Christiaan die kennis. Hul huwelik is ’n sakeooreenkoms. Maar by die Davels wag die een wittebroodkamer na die ander op hulle. Iets moet knak. Maar daar’s Fleur se voorwaardes. En Christiaan se eed.
Oor die outeur
Chanette Paul is in Johannesburg gebore, maar het nomadies grootgeword – onder meer nege skole bygewoon en aan vyf universiteite studeer. Sy woon tans op Stanford in haar skewe pophuis op die oewer van die Kleinerivier. Haar lewe draai om stories. As sy nie haar eie skryf nie, help sy ander skrywers om hulle s’n te ontwikkel. Sy is dol op lees, het ’n passie vir musiek, swem, en snorkel.
Die reeks
Tamara
Willemien
Annabella
Deborah
Isabelle
Maryn
Fleur
Boekbesonderhede
- Fleur deur Chanette Paul
Boek se tuisblad
EAN: 9780799351545
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!












Please register or log in to comment