Dr Heinz Modler gesels oor Sexy medisyne (Tydens ‘n hartomleiding!)
Dr Heinz Mödler se boek, Sexy medisyne, ‘n versameling lekkerlees-essays oor mediese en aanverwante sake, kan as “sulke populêre wetenskaplike goeters” beskryf word. Mödler vergelyk dit met Marcus du Sautoy se rubriek “Sexy Science” in The Times of London. “Dis wat ek ook skryf: sexy. Myne net oor medisyne,” sê hy. Daarom dié titel.
In Sexy medisyne kan jy “die glibberige geskiedenis van die kondoom” ontdek, “verneem hoe om ‘n spiksplinternuwe maagdevlies te kry” en uitvind “waarom party mammas van modderkoekies hou”. Rachelle Greeff het met die dokter met die “poeierblou oë” gaan gesels, terwyl hy ‘n hartomleiding by die Panorama Mediclinic gedoen het:
Aan die einde van ’n jaar waarin ons almal hartlik op is vir sotte en dwase en die dood in al sy voorblad-vorme, word die oggend in die harteenheid van die Panorama Mediclinic net buite Kaapstad vir my en die fotograaf Michael Hammond een van 2011 se . . . wel, hartverkwikkendste afsprake.
Vir my en Michael figuurlik gesproke. Maar letterlik vir die 64-jarige man op die teaterbed. Ná tien, twintig jaar van hipertensie en ’n bietjie cholesterol is sy hart verdik en kry dit derhalwe swaar. ’n Hartomleiding is ál uitweg – buiten as hy ’n doodswens het, maar dit het hy allermins.
Boekbesonderhede
- Sexy medisyne deur Heinz Mödler
Boek se tuisblad
EAN: 9780799351637
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Foto te danke aan Beeld
Please register or log in to comment