Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

LAPA Uitgewers

@ Sunday Times Books LIVE

Rene Bohnen bied ‘n intieme blik op haar lewe (Plus: Gedig)

In die niks al omVra ‘n mens vir René Bohnen wanneer en waar sy op haar gelukkigste was, is haar digterstem duidelik in haar antwoord hoorbaar:

“Lank, lank gelede op ’n perd se rug. Of die keer toe ek die marmer in die Alpe gesien het. Oomblikke, oomblikke. Toe twee witkruisarende bokant my kop gedraai het in die Vallei van Verlatenheid. Lemoensap langs die Seine een Oktober. Toe die lig so sag was by Bourke’s Luck. Gister, toe ek gevoel het my gedig werk.”

Bohnen se nuwe digbundel, In die niks al om, het pas by Lapa-uitgewers verskyn. Sy het die Proust-vraelys in Beeld beantwoord, wat ons ‘n intieme kykie na haar voor- en afkeure gee:

Wat doen jy op Saterdae?
Ek vermy winkels. Drink chai. Hou duiwe dop. Neem foto’s. Hang miskien laatmiddag uit by die Salvation Café of Moyo. Kuier met vriende.

Hoe lyk jou gemoedstoestand vandag?
Soos ’n Chagall-skildery.

Lees een van Bohnen se gedigte wat op LitNet verskyn het:

tromsirkel by die ewening

eiervrug en jong bamboes
reënboogforelle in die bergstroom

hoor jou hande rym
met mekaar
op hierdie djembe
van hout en vel

Boekbesonderhede

Foto te danke aan Beeld

 

Please register or log in to comment