Nuut: Sexy medisyne deur bekende Kaapse mediese spesialis, Heinz Mödler
Sexy medisyne is ’n sprankelende, populêr-wetenskaplike publikasie sonder gelyke.
Dr. Heinz Mödler, ’n bekende Kaapse mediese spesialis, ken die mediese wetenskap op die punte van sy vingers – net soos wat hy die aweregse, weerlose aard van mense ken. Daarom skryf hy met gesag en humor oor mense en medisyne.
Sy sketse is uiters toeganklik en die onderwerpe so divers dat dit in die smaak van uiteenlopende lesers val, ongeag ouderdom of geslag.
Hy skryf oor onder meer die geskiedenis van die kondoom, Rasputin se indrukwekkende geslagsorgaan (wat hy in ’n Russiese museum gesien het), vreemde seksuele praktyke (wat veroorsaak dat die geskokte familie agterna maar eerder sê dit was selfmoord), amputasie, aspirien, antibiotika, kannibalisme, kadawers, die verband tussen koeie en pokke, die gevare van petidien (wat uiteindelik tot Michael Jackson se dood gelei het) en gee selfs die allernuutste wenke vir babelaas en mammas met migraine.
Skertsend dus oor die mensdom se kwinte en kwale, maar nooit sonder deernis nie. Elke skets leer mens, dikwels lag-lag, iets nuuts.
Oor die outeur
Alles op aarde interesseer hierdie skrywende dokter van Kaapstad.
Dr. Heinz Mödler neem en ontwikkel sy eie foto’s, skilder, restoureer ou Mercedes’e en het pas sy doktorsgraad oor skerpioenvergiftiging voltooi. Wanneer hy nie in die hospitaalteater is nie, beproef hy sy kookvernuf in die kombuis. Hy het ook ’n hoësorgeenheid op sy wildplaas in die middel van die Namib begin vir die plaaslike bevolking wat driehonderd kilometer van die naaste dokter is.
Hy lewer gereeld rubrieke vir Die Burger se “Wetenskap-vandag”. Hy skryf ook van tyd tot tyd vir Rapport onder sy eie naam en die skuilnaam Dr. Loeloeraai.
Boekbesonderhede
- Sexy medisyne deur Heinz Modler
Boek se tuisblad
EAN: 9780799351637
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
Please register or log in to comment